Dit is noodsaaklik om te verseker dat jou plaasdiere optimale voeding kry. Om hierdie rede sal aanvulling met belangrike spoorminerale help om plaasdiere gesond te hou, wat ook ’n verlaging in dierverliese en in die onkostes verbonde aan die behandeling van siek diere tot gevolg sal hê.
Waarom Spoorminerale Aangevul Moet Word
Die voordele van spoorminerale vir voortplanting en vrugbaarheid, groei en produksie, en gesondheid en immuniteit word kortliks hieronder bespreek en kan jou help om die belangrikheid van aanvulling te verstaan:
Voortplanting en Vrugbaarheid
Spoorminerale is noodsaaklik vir sperm van voldoende gehalte en hoeveelheid, die ontwikkeling van vrugbare eierselle en om beter embrio-oorlewing te verseker. Laastens help dit met beter verspreiding tydens lam- en kaltyd.
Groei en Produksie
Die voordele van spoorminerale sluit in ’n verbetering in gewigstoename. Mineraaltekorte kan lei tot abnormaliteite wat ’n dier se vermoë om normaal te loop en wei kan beïnvloed. Diere wat genoegsame spoorminerale inneem voordat hulle vervoer word het beter gewigstoename en gesondheid getoon nadat hulle vervoer is.
Gesondheid en Immuniteit
Swak voeding lei tot immuniteitsprobleme, wat diere vatbaar maak vir siektes. ’n Voordeel van spoorminerale is verbeterde gesondheid, wat lei tot hoër melkgehalte en ’n verlaging in die voorkoms van mastitis onder koeie. Dit beteken ook dat daar ’n laer voorkoms van siektes wat nageboorte voorkom en ’n verbetering in teenliggaamrespons op inentings.
Waar Plaasdiere Hulle Spoorminerale Vandaan Kry
Die meeste van die spoorminerale word verkry deur die dier se dieet. Aanvulling is normaalweg deur lekke en voer. Dieetaanvullings is belangrik, maar gedurende die kritiese produksiefases het die diere meer spoorminerale nodig en dit is waar presiese en beheerde aanvulling van minerale voordele bied soos hierbo bespreek. Inspuitbare Multimin is maklik om toe te dien en help om die noodsaaklike minerale so vinnig en doeltreffend as moontlik te kry daar waar hulle nodig is. ’n Inspuitbare aanvulling het boonop die voordeel dat dit al die nadele van orale aanvullings oorkom.
“Spoor-” verwys na die klein hoeveelhede minerale in die voer en plante wat die diere eet, maar wat noodsaaklik is vir die normale funksionering van die diere. Sink, chroom, selenium, koper, mangaan, jodium en kobalt is die noodsaaklikstes. ’n Perfekte balans is nodig, want sommige minerale werk saam en het interafhanklike funksies. Alhoewel die diere slegs klein hoeveelhede nodig het, kan tekorte en suboptimale vlakke verskeie gesondheidsprobleme veroorsaak. ’n Oormaat kan egter weer die voordele van spoorminerale uitwis en lei tot chroniese of akute vergiftiging en selfs die dood.
Wanneer Om Aan te Vul
Die toepaslikste tyd om spoorminerale aan te vul via inspuitbare Multimin, is vóór of gedurende kritiese fases in die produksiesiklus met ’n verhoogde behoefte aan spoorminerale. Hierdie fases sluit in kalf- en lamtyd, paartyd, speentyd, inenting, vooraf kondisionering en voerkraalinduksie, vervoer of enige ander omstandigheid wat tot verhoogde stresvlakke kan lei.
Tree in verbinding met u Virbac-verteenwoordiger vir meer inligting aangaande die korrekte produkte te gebruik en die posisionering daarvan.