South Africa

Health Care

Score 0 (0 Votes)

Karoo verlammingsbosluis (Ixodes rubicundus)

Daar is drie bosluisspesies in Suid-Afrika wat verlamming veroorsaak nl. die rooipootbosluis (Rhipicephalus evertsi evertsi), bruinverlammingsbosluis (Rhipicephalus punctatus) en die Karooverlammingsbosluis (Ixodes rubicundus). Van die drie spesies is die Karoo verlammingsbosluis van die grootste belang.

Die Karoo verlammingsbosluis is 'n klein roesbruin , blink, ooglose bosluis en sy bene is  nader aan die voorkant van die bosluis geheg. 


Lewensiklus:
Die Karoo verlammingsbosluis is 'n drie-gasheerbosluis, wat beteken dat elke stadium van die bosluis aan 'n ander gasheer heg. Die larf- en nimfstadiums verkies klaasneusmuise en rooihase as gashere. Volwasse stadium verkies skape, bokke, wildeboksoorte en jong kalwers as gasheer.

Die lewensiklus strek oor 'n periode van twee jaar, wat beteken dat 'n hoë bosluislading nie noodwendig die volgende jaar deur  nog 'n hoë bosluislading  opgevolg sal word nie. Larwes en nimfe in een winter kan opgevolg word deur volwassenes in die daaropvolgende winter.

Die volwasse bosluiswyfie lê ongeveer 2000 eiers oor 'n tydperk van 30 - 50 dae. Die eiers kan tot 8 maande neem om uit te broei. Die eerste fase van die bosluis wat uitbroei is die larfstadium. Die larfstadium heg dan aan klaasneusmuise en voed vir  5 - 7 dae voordat hul afval en die vervellingsproses na die volgende fase (nimfstadium) plaasvind. Hierdie vervellingstydperk kan 18 - 20 dae duur. Die nimfe heg aan rooihase en voed vir 6 - 8 dae. Daarna val hul af en kan op die veld deur die somer oorleef as volgesuigde nimfes en eers vervel na die volwasse stadium, na afloop van die eerste koue gedurende die volgende herfsseisoen. Die volwasse bosluise verkies kleinvee as gashere. Hulle sal aan hierdie diere aanheg  en vir ongeveer 6 - 8 dae voed, afval en dan eiers begin lê. Bosluisladings  neem toe met koeler en nat weer. 

Verspreiding
Die Karoo verlammingsbosluis verkies heuwelagtige gebiede en meestal op die suidelike hellings, waar "besembos" en "suurpol" gras groei. Die bosluise klim teen die gras op tot op ‘n hoogte van ongeveer 45 cm, vanwaar hulle op die gasheer klim. Die hoogte stem ooreen met die grootte van hul gashere.

 

Aanhegtingsplekke
Die Karoo verlammingsbosluis heg aan op die onderlyn, die nek en bene, maar selde laer as die knieë. Soms kom dit op die wange en onderkaak voor. Ongeveer 20% van die bosluise kan op die ruglyn van die dier gevind word (meestal tussen die skouerblaaie).

Siekte oordraging
Volwasse bosluise wat op vee voed, skei 'n gifstof uit wat  verlamming by skape, bokke en jong kalwers veroorsaak, wat geleidelik vererger. Verlamming begin in die agterbene en versprei na die asemhalingstelsel met noodlottige gevolge. Vroeë stadium van verlamming kan omgekeer word deur die bosluise te verwyder. 

Beheer
Dip diere strategies en gereeld om bosluisladings  te verminder. Amipor opgietmidel kan gebruik word. 

Verwyder skape gedurende die winter uit heuwelkampe. As hulle egter voor die einde van die winter teruggaan, moet hulle: 

  • Voorkomend behandel word of
  • Vir die teenwoordigheid van bosluise ondersoek word binne 3 dae nadat hulle in die kamp geplaas is.  Behandel wanneer nodig. 'n Riglyn vir wanneer behandeling benodig word, is wanneer ± 10 bosluise op groot diere (> 50 kg) en ± 6 bosluise op ligter diere (20 kg) getel word. Monitor die diere vir ten minste 2 weke. 

 

Kontak u plaaslike Virbac Tegniese verkoopsadviseur vir meer inligting rakende Karoo verlammingsbosluis- en beheermaatreëls vir u plaas. 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more