South Africa

Health Care

Score 0 (0 Votes)

Lewerslak - Uitwerking op die Lewer

Die lewer is 'n uiters belangrike orgaan. Dit is noodsaaklik vir:

  • Algemene gesondheid
  • Lewensvatbaarheid
  • Produksie
  • Reproduksie

Die lewer is die grootste interne orgaan en verrig talle funksies , soos:

  • Produksie van gal
  • Metabolisering van proteïene, vet en koolhidrate 
  • Storing van water-oplosbare vitamiene, vetoplosbare vitamiene, yster, trigliseriede en glikogeen.
  • Beveg infeksies en neutraliseer gifstowwe wat skadelik is vir die dier.
  • Is verantwoordelk vir die vervaardiging, regulering en afbreek van hormone

Lewerslakinfeksies veroorsaak ernstige skade in die diere vanaf die tyd wanneer die beeste metaserkaria inneem tot > 12 weke.

In beeste bereik ± 25 % van die metaserkaria die lewer binne 2 weke tot 85 dae na inname. Die res migreer deur die liggaam en veroorsaak skade aan ander organe.





Vir optimale lewergesondheid is 'n STRATEGIESE LEWERSLAKBEHEERSTRATEGIE regdeur die jaar nodig om DIE SKADE wat deur lewerslak veroorsaak word te beperk.

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Artikels
Verwante Produkte

Flukazole C

Read more

Pro-Inject® Yellow

Read more

Virbamec® L

Read more

Wirecide F

Read more