(Hierdie is artikel 2 van 2 oor hierdie onderwerp)
Daar word dikwels nie genoegsame aandag aan die voorbereiding van bulle vir die teel- of dekseisoen gegee nie. Die belangrikheid van die genetiese bydrae tot die kudde, die koste verbonde aan die aankoop van gehalte bulle en die noodsaaklikheid om reproduksie te optimaliseer, noodsaak ons om aandag te gee aan die welstand en voorbereiding van bulle om gereed te maak vir aksie!
Die volgende areas verg die nodige aandag:
3. Inentings
3.1 Gemodifiseerde “lewendige” entstowwe -
Inenting van lewendige enstowwe moet ten minste 60 dae voor die aanvang van die dekseisoen voltooi word aangesien dit 'n koorsreaksie kan veroorsaak, wat die vrugbaarheid kan benadeel. Entstowwe wat vermy moet word, sluit in:
NB. Onthou dat verkieslik nie meer as een “lewende” entsof gelyktydig toegdien moet word nie.
3.2 Nie-geaktiveerde (“dooie”) entstowwe -
Kan / behoort nader aan die teelseisoen gegee te word bv:
4. Spoorminerale
Spoorminerale speel 'n belangrike rol in bulvrugbaarheid, veral Zn, Mn, Cu en Se. Sperme neem ongeveer 61 dae om tot volwasse sperms te ontwikkel. Aanvulling voor teling is van kritieke belang om oksidatiewe stres te verminder en die kwaliteit en kwantiteit van semen te optimaliseer.
'n Inspuitbare spoormineraalaanvulling (Multimin) moet naas normale orale aanvulling (lekke) as 'n ekstra aanvulling gegee word:
5. Parasietbeheer
5.1 Inwendige parasiete:
Inwendige parasiete by beeste word oor die algemeen as 'minder belangrik' beskou. Alhoewel dit nie altyd so 'sigbaar' is soos by skape nie, kan inwendige parasiete 'n negatiewe uitwerking op die kondisie en prestasie van bulle hê.
Veral lewerslak kan groot ekonomiese verliese tot gevolg hê. Benewens al die ander noodsaaklike funksies van die lewer, beïnvloed dit ook die produksie van hormone - wat van kritieke belang is in die aanloop tot die teelseisoen!
5.2 Uitwendige parasiete:
Behandel uitwendige parasiete (veral bosluise) soos nodig, om die oordrag van bosluisgedraagde siektes en meganiese skade aan die skrotum en skede te voorkom/te verminder. 'n Bosluislas kan ook die eetlus van beeste negatief beïnvloed. Vliegbeheer sal ook irritasie, wat 'n negatiewe uitwerking op groei en kondisie het, verminder.
6. Algemene bestuur
Die volgende algemene bestuursaspekte kan die doeltreffendheid van bulle gedurende die teelseisoen optimaliseer: