South Africa

Health Care

Score 0 (0 Votes)

Zeramec…. vir Maksimum wins uit speenkalwers

‘n Speenkalfprodusent maak geld deur soveel as moontlik gesonde kalwers teen die hoogste moontlike speengewig en die hoogste moontlike prys te verkoop, teen die laagste moontlike insetkoste. 

“Wat kan produsente doen om ’n hoë speengewig te behaal”?

Om maksimum resultate te behaal, behoort ’n mens aan alle faktore aandag te gee:

  • Teling: 
    Die gebruik van bulle met positiewe teelwaardes kan oor die langer termyn, binne die beperkings van die omgewing waarin geproduseer word, besliste voordele inhou.

  • Voeding: 
    Koeie moet genoeg melk produseer om die kalf ’n goeie wegspring te gee. Daarna, wanneer die kalf begin wei, moet die hoeveelheid en gehalte van die weiding en aanvullings van so ’n aard wees dat die kalf se groeipotensiaal ten volle benut kan word.

  • Gesondheid: 
    Gesonde kalwers groei beter. Die inname van hoë-gehalte kolostrum (bies) nadat die kalf gebore is, lê die grondslag van ’n gesonde kalf en kan nie genoeg beklemtoon word nie. Maak seker dat die koeie se spoormineraal-aanvulling (MULTIMIN) en ’n toepaslike inentingsprogram voor kalwing gedoen is om maksimum beskerming aan kalwers via hoë-gehalte biesmelk te verleen.

  • Parasiete: 
    Parasietvrye kalwers (in- en uitwendig) maak optimaal gebruik van beskikbare voedingstowwe om maksimaal te groei en die beste moontlike speengewig te behaal.

  • Groeistimulante: 
    Die gebruik van groeistimulante om speengewig te verhoog, is waarskynlik een van die mees onderbenutte hulpmiddels tot die speenkalfprodusent se beskikking. ’n Opsomming¹ van internasionale proewe dui op ’n 4% tot 8% verbetering in speengewig met die korrekte gebruik van groeistimulante by suipkalwers.

Zeramec - ‘n Unieke produk

Virbac het die gebruik van groeistimulanttegnologie by suipkalwers makliker gemaak met die ontwikkeling van Zeramec. 

Zeramec is ’n unieke gepatenteerde inspuitbare kombinasie van ’n groeistimulant (zeranol) en ’n anti-parasitiese middel (ivermektien).

  • Zeranol is ’n semi-sintetiese vorm van estrogeen wat ideaal is vir gebruik by jong, groeiende kalwers onder weidingstoestande. Dit stimuleer die verhoogde afskeiding van die kalf se natuurlike groeihormoon en lei tot verhoogde skelet- en spiergroei. Beskikbare energie word eerder na skelet- en spiergroei gekanaliseer as vir vetneerlegging.

  • Ivermektien is ’n breëspektrum anti-parasitiese middel wat beide inwendige (rondewurms) en uitwendige parasiete (bosluise, luise en myte) doeltreffend beheer vir maksimum groei.

Vir maksimum resultate moet Zeramec teen ’n dosis van 1ml/50kg, nie langer nie as 90 dae voor die verwagte datum van bemarking, toegedien word op kalwers wat in ’n positiewe groeifase is. ‘n Genoegsame hoeveelheid en hoë gehalte weiding en/of aanvulling is ‘n voorvereiste om sukses te behaal. 

Finansiële voordele: Wat kan Zeramec vir jou sak beteken?

Teen ’n minimale 4% verhoging in speengewig, beteken dit ’n ekstra 8,8kg met speen op ’n normale speengewig van 220kg. Teen ’n speenkalfprys van R28/kg, beteken dit ’n ekstra netto inkomste van R222,84 per kalf, met ’n opbrengs op belegging van 9:1 (R9 terug vir elke R1 bestee) – en dit oor slegs  90 dae!

Zeramec is:

  • Maklik om te gebruik - ‘n onderhuidse inspuiting verg geen spesiale toerusting nie en geen spesiaal opgeleide werkers word benodig nie.

  • Vinnig - twee aksies in een (ontwurming en groeihormoon), asook geen tydrowende individuele vasknyp van kalwers in nekklamp nie.

  • Doeltreffend - dit oorkom die probleme wat met tradisionele inplantering ervaar kan word bv. die vorming van absesse, enkapsulering en verkeerde/misplasing van inplantaat, wat die doeltreffendheid daarvan nadelig kan beïnvloed. Landwye proewe² het bewys dat Zeramec net so doeltreffend is as ‘n zeranol implantaat en ‘n ivermektien inspuiting wat apart gegee word.


Kontak u Virbac tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting oor die produk.   

Verwysings: 

  1. Growth implants for suckling and growing beef cattle. University of Arkansas, Agricultural and Natural Resources, Cooperative Extension Service, http://www.uaex.edu.

  2. Data op leêr

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Zeramec®

Read more