Shaping the future of animal health
South Africa

BOU U KUDDE - Deel 6

Bepaling van geslagsgeskiktheid

Danie van Niekerk

Dit is nou meer as ooit belangrik om seker te maak dat manlike en vroulike diere geslagsgeskik is. Dit help nie ons spandeer al die moeite en geld om diere in die optimale paarkondisie te kry, al die aanvullings te gee, parasiete te beheer en inentings te doen en dan is daar bulle/ramme wat onvrugbaar is, nie suksesvol kan dek nie of geslagsiektes onderlede het wat reproduksie nadelig kan beïnvloed.

geslagsgeskiktheid.jpg

Dit is van uiterste belang dat ons voor die aanvang van die paarseisoen seker maak dat die semenkwalitiet en -kwantiteit van bulle/ramme van hoogstaande gehalte is. Daarby moet manlike diere se geslagsorgane vry van defekte wees, hulle instaat wees om suksesvol te kan dek en oor die nodige libido (deklus) beskik.

Manlike en vroulike diere moet vry van geslagsiektes wees. Wees by beeste veral op die uitkyk vir die teenwoordigheid van brusellose (besmetlike misgeboorte), vibriose en trichomoniase wat in groot dele van die land epidemiese vlak bereik het. Biosekuriteit is van uiterste belang om “skoon” kuddes te beskerm, veral wanneer diere ingekoop word. Gereelde toetsing word aanbeveel om probleme vroegtydig op te spoor. Moet nie eers wag totdat reproduksie reeds in duie gestort het voor dat daar opgetree word nie! Maak ook seker dat ‘n gekwalifiseerde persoon die toetse uitvoer sodat diere nie onnodig geslag of positiewe diere in die kudde behou word nie.

Ander artikels in die “BOU JOU KUDDE” reeks van 7 artikels behels: