Shaping the future of animal health
South Africa

BOSLUISOORDRAAGBARE SIEKTES

Rooiwater in Beeste

Rooiwater is ’n bekende bosluisoordraagbare siekte wat ’n negatiewe ekonomiese uitwerking het omdat dit veevrektes veroorsaak. Daar is twee tipes rooiwater, naamlik Afrika-rooiwater en Asiatiese rooiwater. Die siekte kan slegs deur bosluise oorgedra word. Die bosluise raak besmet wanneer hulle beeste byt wat rooiwater het of wat draers van die parasiet is; hulle dra dan die infeksie deur hulle eiers oor na die volgende geslag.

Afrika-rooiwater word veroorsaak deur die Babesia bigemina-parasiet en word oorgedra deur die volwasse en nimfstadiums van die bloubosluisspesie, R. decoloratus, ook bekend as die bloubosluis en R. microplus, ook bekend as die pantropiese bloubosluis.

Die volgende rooiwatersimptome sal binne 7-14 dae ná infeksie deur die B. bigemina-parasiet voorkom:

  • Hoë koors (40-41,5 ˚C);
  • Lig- tot donkerrooi of bruin urine;
  • Bloedarmoede;
  • Geelsug (in gevorderde gevalle); en
  • Swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ook droë neus, vaal haarkleed, diarree en aborsie.​

Asiatiese rooiwater word veroorsaak deur die Babesia bovis-parasiet en word oorgedra deur die larwestadiums van die pantropiese bloubosluis, R. microplus.

Die volgende Asiatiese rooiwatersimptome sal binne 9-14 dae ná infeksie deur die B. bovis-parasiet voorkom:

  • Hoë koors (40-41,5 ˚C);
  • Senuweestelselsimptome soos bewerige spiere, swak koördinasie, stuiptrekkings en koma;
  • Verkleurde urine (let daarop dat hierdie simptoom afwesig mag wees);
  • Bloedarmoede;
  • Geelsug (in gevorderde gevalle); en
  • Swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ook droë neus, vaal haarkleed, diarree en aborsie.

Rooiwater word beduidend deur die seisoene beïnvloed en uitbrake gebeur gewoonlik in die warmer somer- en herfsmaande.

Rooiwater in beeste.png

Indien die diere rooiwater het, behandel hulle met Dizene Cattle® teen 7 mℓ/100 kg. As u onseker is, kan Terralon® LA ook saam met Dizene Cattle® gebruik word in gevalle van anaplasmose (galsiekte). Onthou om altyd ondersteunende behandelings soos Vit-B-Co en Rumix-poeier te gebruik.

dizene cattle.png

Beheer bosluise deur produkte wat ‘n kombinasie van amitraz en sipermetrien te gebruik soos Pro-Dip® Cyp 20% and Amidip® Max. Verlaag die hoeveelheid bosluise deur diere gereeld te dip; dip eenmaal per week vir 3 weke of volgens die 5-,5-,4-dag-dipstelsel.

Tree met u plaaslike Virbac-tegniese adviseur in verbinding vir meer inligting aangaande rooiwater en bosluisbeheer.