Shaping the future of animal health
South Africa

LEWERSLAK IN BEESTE - DIE PARASIET

Corné Mostert

Fasciolosis (Lewerslak) is een van die belangrikste parasitiese siektes in die wêreld, insluitend in Suid-Afrika.
Lewerslak in beeste is verantwoordelik vir groot ekonomiese verliese soos:

  • Lewers by die abattoir word afgekeur
  • Mortaliteite
  • Afname in melk en vleis produksie
  • Sekondêre bakteriële infeksies

‘N OORSIG VAN DIE PARASIET
Twee tipe lewerslak spesies kom in Suid Afrika voor nl.:

  • Gewone lewerslak (Fasciola hepatica)
  1. Gemmiddeld 2.5cm lank en 1.5cm breed
  2. Kom oral in Suid Afrika voor veral waar die toestande gunstig is.
  • Reuse lewerslak (Fasciola gigantica)
  1. Gemiddelde 5.5cm lank en 1.5cm breed
  2. Word meer gevind in die noordelike streke van Suid-Afrika
Fasciola.jpg

Die lewerslaklewensiklus is kompleks en het verskeie stadiums van ontwillkeling in beide, op die weiding en binne die vee.

Liverfluke_cycle.jpg

Lewerslakinfeksies word deur 'n aantal faktore beinvloed:

  • Die teenwoordigheid van varswaterslakke (tussengasheer) op die plaas.
  • Die teenwoordigheid van geskikte nat, moerasagtige gebiede, vleie of damme. Die water moet stadig beweeg of stilstaande wees.
  • Reënval help om die eiers uit die mis te was. Reënval handhaaf ook die waterliggame waar slakke kan oorleef.
  • Temperatuur - speel ook 'n groot rol in die beïnvloeding van lewerslakbesmetting:
  1. Beide lewerslak en varswaterslakke floreer in die warmer maande van diejaar. Wanneer die gemiddelde daaglikse temperatuur onder 10 ̊C daal, hou die eiers op om uit te broei, die ontwikkeling van lewerslaklarwes binne-in die varswaterslakke neem af en die varswaterslakke word onaktief. In die kouer gebiede kom die lewensiklus dus tot ‘n stilstand in die winterperiodes. In die warmer gebiede waar die temperature matig is, kan die lewensiklus dwarsdeur die jaar voortgaan. Die lewerslak besmetting sal dus deur die jaar voortgaan en getalle sal opbou.

River.jpg

Suksesvolle lewerslakbeheer kan 'n uitdaging wees. Beheer moet daarop gerig wees om beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder, asook die lewerslakpopulasie teenwoordig in die omgewing te beperk.