Health Care

Score5 (1 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOOR KALWING: Inenting

Artikel 4 van 7 oor hierdie onderwerp

Inleiding

Die gebruik van entstowwe om siektetoestande te voorkom, kan met versekering vergelyk word - jy het dit nie altyd nodig nie, maar jy weet ongelukkig nie wanneer jy dit gaan nodig kry nie! Wees dus liewer voorbereid en beperk verliese aan siektes wat voorkom kan word.

Verliese kan wees as gevolg van vrektes, of diere wat siek word en behandeling nodig het. Diere wat vrek is, is ‘n by spreke van woorde ‘n “dooie” verlies! Siek diere groei nie na wense nie en die behandeling van siek diere kan baie geld kos. Meeste behandelings sluit die gebruik van antibiotika in, wat ons sovêr as moontlik moet vermy of beperk. Die verantwoordelike gebruik van antibiotika het ‘n wêreldnorm geword. Daarom is siektevoorkoming deur die gebruik van entstowwe nie net moreel die regte opsie nie, maar dit maak ook finansieel sin.

 

Entstowwe in Laatdragtigheid

Laatdragtigheid is die laaste geleentheid voor kalwing om spesifieke entstowwe toe te dien. Dit is die ideale geleentheid om entstowwe te gee wat veral daarop gemik is om kalfoorlewing na geboorte te ondersteun, deur die oordrag van maternale immuniteit (teenliggame) via goeie kwaliteit bies. 

Siektetoestande wat pasgebore en jong kalwers mag aantas en met enting verminder kan word, sluit in:

  • Paratifus, 

  • E coli, 

  • Rotavirus

  • Coronavirus

  • Multiklostridiale entstof - in meer intensiewe stelsels

Onthou dat met sogenaamde “dooie” of geïnaktiveerde entstowwe, ‘n skraagdosis (“booster”) toegedien moet word indien dit vir die eerste keer toegedien word. Daarna word dit meestal een keer per jaar toegedien - maak dus seker dat die vervaardiger se aanbevelings nougeset gevolg word om die beste resultate te verseker.

 

Verder is dit belangrik om te onthou dat die beste respons met enting word verkry wanneer diere  gesond is, hulle goeie voeding ontvang, in goeie kondisie is en hul spoormineraalaanvulling optimaal is. In ‘n vorige artikel is die belangrikheid van voeding en kondisietelling in laatdragtigheid bespreek. In ‘n volgende artikel gaan die belangrikheid van spoorminerale in laatdragtigheid bespreek word. Die nuutste navorsing wys juis daarop dat die reaksie op entstowwe verbeter kan word indien dit gelyktydig met ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling (Multimin®) toegedien word. Kombineer dus die toediening van entstowwe in laatdragtigheid sovêr moontlik met die voorkalf Multimin OP TOP.

Daar is geld te bespaar en produksie te wen, deur dinge reg te doen!

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more