Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOOR KALWING: Spoormineraal- & Vitamienaanvulling

Artikel 5 van 7 oor hierdie onderwerp

 

Die laaste twee maande voor kalwing is seker een van die belangrikste periodes in die produksiesiklus om sukses te verseker. 

Dit het nie net ‘n invloed op die suksesvolle geboorte van ‘n kalf met ‘n sterk oorlewingsvermoë nie, maar ook wat met die kalf en die koei gebeur na afloop van die geboorteproses, tot die sukses van die komende dekseisoen en selfs tot en met speentyd.


 

Laatdragtigheid is die mees kritiese tyd vir spoormineraal- en vitamienaanvulling by die koeie. Die volgende faktore maak van hierdie aanvulling ‘n noodsaaklikheid:

  • Die spoormineraalbehoefte van die koei styg dramaties gedurende laatdragtigheid. Nie net moet die koei aan haar eie behoeftes voorsien nie, maar ook aan die van die ongebore kalf. Die fetus is totaal van die koei afhanklik om met ‘n goeie spoormineraalstatus gebore te word. 
  • Selfs met ‘n goeie orale aanvullingsprogram (lekke) in plek, is die ontwikkeling van ‘n spoormineraalgaping in hierdie tyd baie waarskynlik, as gevolg van die verhoogde behoefte en die gebreke wat eie aan orale aanvulling kan wees bv. die rol van antagonisme, wisselvallige inname agv beperkte kripspasie en dominansie in die kudde, relatief swak opname van veral anorganiese spoorminerale ens. ‘n Verdere komplikasie tydens laatdragtigheid, is dat die koei se voerinname beperk word as gevolg van die vinnig ontwikkelende fetus wat die rumenkapasiteit kan beperk - veral in die laaste maand voor kalf.

  • Om seker te maak dat die kalf met ‘n optimale spoormineraalstatus gebore word. Dit kan die oorlewingsvermoë van die kalf direk na geboorte verbeter, aangesien die immuunsisteem spoormineraal afhanklik is en so spoedig as moontlik na geboorte optimaal moet kan ontwikkel en funksioneer.  Indien kalwers onder stres geplaas word of siek word, word ‘n geweldige hoeveelheid koper en sink uit die store vryegelaat vir gebruik in ensieme om die immuunsisteem optimaal te kan laat funksioneer.  
  • Die kwaliteit van bies te optimaliseer. Spoormineraalaanvulling in laatdragtigheid kan die kwaliteit van bies verbeter. Dit word gemeet aan die hoeveelheid immunoglobuliene (teenliggame) in die bies. Die immunoglobuliene is verantwoordelik vir maternale immuniteit (passiewe immuniteit oorgedra vanaf die koei na die kalf), wat die kalf in die eerste fase van sy lewe teen patogene beskerm.

  • Om die immuunreaksie van die koei met inentings tydens laatdragtigheid te versterk. Navorsing wys duidelik op die voordeel van ‘n Multimin aanvulling wat gelyktydig met ‘n entstof gegee word - selfs al het die beeste nie suboptimale spoormineraalvlakke tydens enting nie! Hierdie voordeel word ook na die kalf oorgedra deur die goeie kwaliteit van die bies, soos hierbo bespreek.

  • Om seker te maak dat die koei se spoormineraalvlakke met kalwing nie te veel daal nie. ‘n Koei staan ongeveer 30% van haar spoorminerale af tydens kalwing deur middel van die kalf, die plasenta en die vrugwater. Indien die koei se spoormineraalvlakke voor kalwing dus nie optimaal was nie, loop sy die gevaar om laer immuniteit te hê. Dit kan lei tot ‘n verhoogde voorkoms van siektetoestande na kalwing soos vassit nageboortes, baarmoerderontsteking, hoër somatiese seltelling (SST) en mastitis. Dit kan ook die vermoë van die koei om so spoedig moontlik na kalf weer in siklus te kom en dragtig te raak belemmer.

 

Al bogenoemde faktore noodsaak dus die gebruik van ‘n goed gebalanseerde en bewese inspuitbare spoormineraalaanvulling (Multimin® Se+Cu+ Cr) om die spoormineraalgaping te oorbrug. ‘n Inspuitbare spoormineraalaanvulling soos Multimin, oorkom al die probleme wat met orale aanvulling ervaar kan word. Dit is ‘n sekere manier om die spoormineraalstatus van die elke koei tydens die kritiese tyd, effektief te verhoog. Moet nie die gelyktydige Vit A & E aanvulling (sinergistiese aksie tussen Vit A en Z asook Vit E en Se) vergeet nie!

6009230802DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?