Health Care

Score5 (1 Votes)

Voorkalf spoormineraal aanvulling

 

Dragtigheid – en spesifiek die laaste trimester – is ’n kritieke gebeurtenis in ’n koei of vers se lewensiklus. Addisionele sorg en ’n doelgerigte fokus op voeding is nodig om die optimale gesondheid van die koei/vers asook die optimale groei en ontwikkeling van die fetus te verseker. Spoorminerale is spesifiek van uiterste belang aangaande die gesondheid van die koei of vers gedurende dragtigheid, en speel ’n sleutelrol in die fetus se ontwikkeling.

Spoorminerale wat tydens dragtigheid van die koei na die ongebore kalf oorgedra word, is die enigste bron van spoorminerale wat die kalf het vóór geboorte. Hierdie oordrag voorsien die kalf van die noodsaaklike spoorminerale wat dit benodig vir normale skeletontwikkeling, spierfunksie, asook vir die ontwikkeling van ’n sterk immuunstelsel.

Siende dat spoorminerale ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die immuunstelsel speel en die koei ongeveer 30% van haar spoormineraalstatus met geboorte afstaan, kan ’n toename in die spoormineraalstatus van koeie en verse ook probleme wat ná kalwing ondervind word, soos agtergeblewe nageboortes, uierontsteking, baarmoederontsteking en lamheid verminder, wat andersins ’n negatiewe effek op bevrugting kan hê.

Virbac het hierdie tutoriaalvideo oor spoormineraalaanvulling voor kalwing geskep om jou te help om die belangrikheid daarvan beter te verstaan:

Die grafiek onderaan dui die storing van koper in die lewer aan van koeie wat met Multimin® behandel is, in vergelyking met dié van ’n kontrolegroep. Multimin® was 30 dae voor kalwing (Dag 0) en 21 dae voor teling (Dag 96) toegedien. Multimin® het die koper wat die koei na die kalf oorgedra het, vervang. Dit het gelei na ’n verhoging in die koperstatus, wat belangrik vir beide vrugbaarheid en gesondheid is. 

Daugherty et al 2000. “Effects of prenatal and pre-breeding trace mineral/vitamin E injections on calf health and reproductive performance of beef cows”, Texas A & M University

Luister hier na Elmar Steenkamp van Oostermoed Boerdery oor hoe hy konsepsie van 93% in sy kudde bereik deur 'n goeie orale voedingsprogram te volg asook om Multimin aan te vul, wanneer dit saak maak.

 

Gee jou koeie, verse en ongebore kalwers die beste kans vir ’n goeie, gesonde lewe met ’n Multimin®-aanvulling voor kalftyd.

Multimin® – jou vennoot in presisieboerdery.

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?