Health Care

Score4 (1 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS SPEENTYD: Inleiding

Artikel 1 van 7 in die reeks oor Speentyd

 

Speentyd is “oestyd” by ‘n kommersiële vleisbeesboerdery. Ons behoort alles in ons vermoë te doen om hierdie aksie so glad as moontlik te laat verloop en die bes moontlike prys vir die kalwers te beding. 

 

Een van die eerste aksies wat geneem moet word in aanloop tot speentyd, is om vroegtydig die moontlike bemarkingsopsies te oorweeg. Die belangrikste apekte om te oorweeg is die verwagte speenkalfprys en die voer-:vleisprys verhouding. Aangesien mielies (of “hominy chop”) die grootste komponent en koste van ‘n voerkraalrantsoen uitmaaak, is dit in wese die mielie-:slagprys verhouding. Om winsgewend te kan voer, is die duimreël dat 1 kg vleis ten minste 14 kg mielies moet kan aankoop. ’n Mielie-:vleisprys verhouding van meer as 14:1 is dus gewens. Indien die verwagte speenkalfprys nie baie gunstig is nie maar die mielie-/slagprys wel, kan oorweeg word om kalwers self af te rond - indien die ander hulpbronne beskikbaar is. 

 

Indien kalwers aan voerkrale bemark word of op ‘n veiling verkoop word, is dit belangrik dat die kalwers so “aantreklik” moontlik vir die aankopers moet wees. Gesonde, sterk en eenvormige kalwers in terme van ras, geslag, kondisie en gewig, sal altyd die oog vang. Indien die kalwers vooraf ingeënt is teen siektes wat algemeen in die voerkrale voorkom, kan ‘n premie beding word.

 

Die optimale speengewig van kalwers is ook altyd ‘n punt van bespreking. Dit is so dat ligter kalwers se prys per kilogram liggaamsmassa hoër is as die van swaarder kalwers. Dit beteken egter nie om kalwers ligter te bemark, noodwendig te beste opsie (winsgewendste) is nie. Daar is baie faktore wat inag geneem moet word wat ‘n produsent se beluit kan beïnvloed. In die meeste gevalle klop gewig, prys. Maar dan moet ‘n mens die kondisie van die koeie inag neem, asook die kwaliteit en beskikbaarheid van die weiding, asook die ekstra koste verbonde aan lekinname en behandeling van parasiete as kalwers later gespeen word. Alhoewel kalwers teen speentyd nie meer baie van die koei se melk afhanklik is nie, sal koeie wat langer laat soog, meer kondisie verloor as die wat reeds gespeen is. Dit kan weer negatief inwerk op die kondisie van die koeie met kalf. Die koste daaraan verbonde om die koeie se kondisie deur die winter reg te stel vir kalftyd moet ook verdiskonteer word. Aangesien elke plaas se omstandighede en hulpbronne verskil, is daar nie ‘n algemene aanbeveling rondom die “beste” speengewig nie en moet elke situasie op eie meriete hanteer word.

 

Die tyd van die jaar wanneer kalwers bemark word speel ook ‘n rol. Indien kalwers voor die aanvang van hoof bemarkingseisoen, wat van ongeveer Maart tot Junie duur, bemark word, kan beter pryse verwag word aangesien daar minder kalwers in die mark is as gedurende piekseisoen. Vrae om te beantwoord: Wat is die koste daaraan verbonde om koeie vroeër te laat kalf (in moontlik minder gunstige voedings-/klimaatsomstandighede omstandighede), net om vroeër te kan speen?  Is dit die moeite werd om kalwers ligter te speen om ‘n beter prys per kilogram te beding?

Dit is dus duidelik dat, om die meeste uit die kalwersoes te kry, die speenproses baie meer behels as om net die kalwers van die koeie te skei! 

 

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels, ander artikels beskikbaar is. 

 

 

6009230315DVN

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?