Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS: SPEENTYD: Parasietbeheer - inwendig

Artikel 5 van 7 in die reeks oor Speentyd

Parasietvrye diere presteer die beste!

Kalwers word maliker deur inwendigeparasiete benadeel as volwasse beeste. Speenmassa kan verhoog word indien inwendigeparasiete voorspeens beheer word. Parasietvrye kalwers sal ook speenskok (stres) beter hanteer. 

 

Ons sien selde sterftes by beeste as gevolg van inwendigeparasiete. Dit is soms ook nie so maklik om die negatiewe impak van inwendige parasiete waar te neem nie – veral met rondewurms. Lewerslak en peervormigemaagslak aan die ander kant, kan verwoestende gevolge hê as dit nie betyds behandel word nie. Lintwurm kan ook die groei van kalwers negatief beïnvloed - alhoewel dit meestal op ‘n vroeër ouderdom voorkom. By kalwers wat lig gespeen word (<180 kg) en nie lewenslustig voorkom nie, kan inwendige parasiete nie uitgesluit word as ‘n oorsaak nie. 

 

Lewerslak kan die vermoë van kalwers om in die voerkraal te presteer benadeel.  Die lewer is sekerlik die belangrikste orgaan aangesien dit by soveel fisiologiese prosesse in die liggaam betrokke is. In areas waar lewerslak voorkom is dit baie belangrik om doeltreffende lewerslakbeheer toe te pas. Alhoewel die inspuitbare produkte wat lewerslak beheer baie gerieflik is om te gebruik, het dit die nadeel dat dit hoofsaaklik - en in sommige gevalle uitsluitlik - net die volwasse stadium van lewerslak beheer. Dit, terwyl die onvolwasse stadium eintlik die meeste skade aanrig. Die vroeë-onvolwasse stadium van leweslak word huidiglik slegs deur triklabendasool bevattende orale produkte beheer. Terwyl ‘n mens die moeite aangaan om die kalwers oraal te doseer, maak gebruik van die mees effektiewe middel vir die beste resultate - die oksfendasool/triklabendasool kombinasie.

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels ander artikels beskikbaar is.

 

 

6009230315DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Flukazole C

Read more

Prodose® Blue

Read more

Virbamax First Drench™

Read more