Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS: SPEENTYD: Parasietbeheer - uitwendig

Artikel 6 van 7 in die reeks oor Speentyd

 

Die negatiewe effekte van uitwendige parasiete is baie meer opvallend as dié van inwendigeparasiete. 

Bo en behalwe die feit dat kalwers pararasietvry moet wees as dit verkoop/vervoer word, kan dit ook lei tot mortaliteite as gevolg van bosluisoorgedraagdesiektes. Indien kalwers nie bosluisvry is nie, kan die verkoop van  kalwers op ‘n veiling geweier word.

Kalwers mag dalk immuniteit ontwikkel het teen rooiwater of galsiekte, maar stres as gevolg van die speenproses, vervoer en verlaagde voerinname, kan hul immuniteit so onderdruk dat hulle siek word - selfs al daar nie ooglopend bosluise op die kalwers nie.

Dit is ook bevind dat die teenwoordigheid van bosluise die eetlus van beeste kan onderdruk. As dit saamval met speen, kan dit die speenstres verder verhoog.  

Uitwendigeparasiete kan 'n nadelige uitwerking op beesprestasie hê - van verlaagde voerinname aan die een kant tot vrektes aan die ander kant van die skaal.

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels ander artikels beskikbaar is.

 

6009230315DVN

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

MultiDip

Read more