Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS: SPEENTYD - Spoormineraalaanvulling

Artikel 4 van 7 in die reeks oor Speentyd

 

Tydens strestoestande word adrenalien/kortisol afgeskei wat die immuunsisteem van kalwers onder druk kan plaas. Dit kan daartoe lei dat die kalwers makliker siek word. Spoorminerale speel ‘n geweldige belangrike rol in die instandhouding van die immuunsisteem en om die potensiële skade van oksidatiewe stres te verminder. 

 

Oksidatiewe tres is ‘n toestand wat ontstaan wanneer daar ‘n wanbalans ontwikkel tussen die vorming van skadeveroorsakende vryradikale (‘n natuurlike proses wat versnel tydens strestoestande), en die vorming van anti-oksidante wat vryradikale moet intoom hou. Baie van hierdie anti-oksidante is spoormineraalafhanklik.

 

Die aanvulling van inspuitbare spoorminerale tydens inenting is bewys om die effektiwiteit van entstowwe verhoog. Om ‘n immuunreaksie te loods is daar ‘n verhoogde vraag na sekere proteïene wat spoorminerale benodig (sogenaamde “acute phase proteins”). Dit is dus krities dat kalwers met voorspeense inenting of ten minste 4-6 weke voor speen, ‘n bewese inspuitbare spoormineraal-, asook ‘n effektiewe vitamienaanvulling kry vir die beste resultate. ‘n Inspuitabre spoormineraalaanvulling kan ook die aanpassing in die voerkraal vergemaklik, minder siek kalwers tot gevolg hê en tot beter groei lei.  

 

Die belangrikheid van spoorminerale en die voordele wat dit kan inhou word in ‘n aanvullende artikel bespreek. 

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels ander artikels beskikbaar is. 

 

 

6009230315DVN 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more