Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS: SPEENTYD: Enting

Artikel 3 van 7 in die reeks oor Speentyd

 

Die toediening van entstowwe is soos die uitneem van versekering. Kalwers behoort reeds voor speentyd ten minste ‘n spons-, lam- en miltsiekte inenting asook die skraagdosis van spons- en lamsiekte gehad het. 

Die verskalwers (veral die wat terug gehou word as vervangingsverse), moet verkieslik voorspeens geënt word teen besmetlike misgeboorte (BM) indien die S19 entstof gebruik word (voor 8 maande ouderdom). Indien die RB51 entstof gebruik word, kan die verse so gou doenlik naspeens geënt word. (Om die bes moontlike beskerming te kry, behoort RB51 nog twee keer naspeens herhaal te word voordat die verse by die bul kom).

 

Daar is ook ander entstsowwe wat voorspeens toegedien kan word, veral indien die plaaslike  toestande of die voerkraal aan wie die kalwers verkoop word dit vereis en ‘n premie op die speenkalfprys beding kan word. Kalwers wat vir die voerkraal voorberei word deur spesifieke inentings voor speen te doen, is minder geneig om siek te word in die voerkraal. Gesonde kalwers begin vinniger te vreet en het ‘n beter voerinname - alles faktore wat voordelig vir die voerkraal is. 

BVD, IBR, PI₃, BRSV en Pasteurella is waarskynlik die belangrikste asemhalingverwante siektes waarvoor ingeënt kan word. Wanneer kalwers baie bulk en in droë en stowwerige omstandighede gespeen word, speenstres ervaar en ‘n lae voeriname het - verhoog die kanse op die voorkoms van asemhalingverwante siektes. Indien produsente ‘n goeie verhouding met voerkraalaankopers het, kan ‘n premie beding word indien bewys gelewer kan word dat hierdie “ekstra” inentings voor speen gedoen is.

 

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels ander artikels beskikbaar is. 

 

 

6009230315DVN

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?