Health Care

Score4.2 (19 Votes)

Diarree in skaap- en boklammers

Diarree (buikloop) is een van die algemeenste oorsake van vrektes van pasgebore diere. Die hoofrede hoekom skaap- of boklammers vrek van diarree is as gevolg van die geweldige verlies aan vloeistowwe en elektroliete en die gevolglike ontwatering. Met behoorlike hidrasie sal die diere waarskynlik oorleef. Baie oorsake van diarree is aansteeklik en ander weer ’n gevolg van gebrekkige voedingsbestuur. Dit sluit in die voer van melkvervangers wat nie korrek aangemaak word nie, die skielike wisseling van voer, of om te veel melk te gee.

Goeie bestuurspraktyke om diarree te bekamp:

  1. Dit is altyd verkieslik om skaap- of bokooie te laat lam in voldoende skoon kampe wat spesifiek vir hierdie doel uitgehou word.
  2. Indien moontlik, neem die ooie en lammers na ’n ander kamp ná geboorte.
  3. Ongunstigste omstandighede sluit in klein, nat of vuil kampe/hokke.
  4. Skaap- of bokooie wat in swak kondisie is, sal lae gehalte biesmelk hê en swakker lammers met ’n laer immuniteit.
  5. Skade wat deur interne parasiete veroorsaak is, mag bakteriële infeksies soos koksidiose veroorsaak. Verskaf dus skoon weiding en ontwurm die lammers.

Goeie bestuurspraktyke met hanslammers:

Baie besmetlike organismes word in die mis uitgeskei. Misbesmette hande, melkbottels, emmers, klere, kos, hokke en areas is ’n paar van die moontlike bronne van infeksie. Skaap- en boklammers wat die organismes inneem word direk besmet. 

Enterotoksiemie (Clostridium perfringens): 

Is ’n algemene oorsaak van diarree. Ent al die diere in.

Kriptosporidiose:

Baie veeartse en boere het onlangs kriptosporidiose geïdentifiseer as die hoofoorsaak van vrektes wat met diarree gepaardgaan in lammers en kalwers, veral wanneer hulle nie behoorlik en aanmekaar gehidreer word nie.

Kriptosporidiose en koksidiose is protosoïese siektes wat diarree, onvoldoende gewigstoename en soms vrektes in skaap- en boklammers tot gevolg het ná spening of onder onhigiëniese, stresvolle of gedronge omstandighede – of wanneer die diere na die voerkrale gaan.

Hoofsaaklik skaap- en boklammers van jonger as 30 dae kry die siekte Cryptosporidium parvum. Alhoewel die toestand vroeër nie algemeen tot vrektes gelei het nie, het boere die afgelope paar jaar groot verliese gelei. Vrektes word meestal gediagnoseer agv die voorkoms van E coli, wat sekondêr tot die kriptosporidium toeslaan,

Besmetlike oösiste word in die mis uitgeskei en dan oraal ingeneem en oorgedra. Oösiste besmet geredelik ’n verskeidenheid diere, asook mense. Kriptosporidiose is algemene siekte by pasgebore herkouers en by mense.

Geen doeltreffende behandeling is beskikbaar nie en is ondersteunende sorg en veral hidrasie belangrik.

Beheer dit met nougesette ontsmetting en die afsondering van siek diere. Ontsmetting van besmette hokke met ammoniak en formalien sal die oösiste doodmaak.

Diagnose: 

Dit is altyd raadsaam om jou plaaslike veearts te raadpleeg met die aanvang van die eerste simptome om verspreiding van die siekte na gesonde diere te vermy. Neem so gou moontlik ’n vars mismonster na die veearts vir ontleding. Sodoende kan die betrokke bakterie geïdentifiseer word en die veearts kan die korrekte raad gee en behandeling voorskryf. 

Behandeling: 

Die belangrikste aspek van die behandeling van diarree is om die pasgebore diere behoorlik gehidreer te hou:

  1. Moet nooit water of elektroliete met die melk meng nie. Dit kan die vorming van dikmelk in die grootpens belemmer. Dit is die beste om elektroliete soos Replensol toe te dien ten minste 30 minute vóór of ná die diere melk gekry het.
  2. Hou noukeurig by die voorgeskrewe toediening van enige antibiotika en verseker dat die dosisse akkuraat is. Antibiotika wat oraal toegedien word kan die normale flora in die grootpens omvêrwerp en trouens die diarree langer laat voortduur.
  3. Ná ’n strestoestand of enige ander ruminale versteuring, gee die diere Rumix om normale flora van die ingewande te herstel.

Gevolgtrekking: 

Die volg van beter bestuurspraktyke, soos die behoorlike bestuur van biesmelk, goeie higiëne, sterilisasie van toerusting, behoorlike behuising van die diere, inentings, ontwurming en die voorkoming van strestoestande kan help om diarree te bekamp. Alles moontlik moet gedoen word om die immuniteit van die lammers optimal te jry bv. Maak seker dat die ooie voorlam met Multimin® aangevul word om optimale bieskwaliteit te versker.

As hierdie faktore beheer word, kan die meeste gevalle van diarree in bedwang gehou word. Diere met simptome moet dadelik afgesonder word om ’n uitbraak van diarree te voorkom. Om lammers van soortgelyke ouderdomme saam te plaas en weg van ander groepe kan ook help. Beide hierdie bestuurspraktyke sal die kans dat aansteeklike oorsake van diarree van dier tot dier oorgedra word verminder.

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1