Health Care

Score0 (0 Votes)

Pak die bul by die horings: Ontsluit maksimum genetiese potensiaal met presisievoeding

Presisievoeding is noodsaaklik vir bulle om hul maksimum genetiese potensiaal te bereik, aangesien dit optimale groei, voortplantingsvermoë en algehele gesondheid verseker, wat die volle uitdrukking van hul genetiese eienskappe moontlik maak. Presisievoeding begin by basiese beginsels van voeding, en sluit in kwaliteit en beskikbaarheid van water, goeie kwaliteit ruvoer, korrekte weidingsbestuur en die regte lek/aanvulling op die regte tyd. 

 

Belangrikheid van kondisie:

Daar is ‘n hoë korrelasie tussen liggaamskondisie en vrugbaarheid, en meer spesifiek, spermkwantiteit en -kwaliteit. Daarom moet boere daarop let dat bulle nie te veel kondisie verloor tydens die wintermaande nie. ‘n Liggaamskondisietelling van 3 tot 3.5 op die 5-punt skaal met die aanvang van die teelseisoen, is waarvoor ons moet mik. Netso, kan ‘n oorvet bul (4+) se vrugbaarheid kan ook nadelig beïnvloed word en moet vermy word. Vetaansameling in die nek van die skrotum lei tot minder effektiewe temperatuurregulering met gepaardgaande negatiewe effek op spermontwikkeling. Enige verandering aan die voedingspeil van bulle moet: 1) vroegtydig en 2) geleidelik plaasvind, tenminste 90 dae voor die aanvang van die teelseisoen.

 

Rol van spoorminerale by bul prestasie:

Sink, mangaan, koper en selenium is belangrike komponente van die antioksidant ensieme wat help om oksidatiewe stres in die liggaam te beheer en te verminder. Oksidatiewe stres kan lei tot groot skade aan spermselle. Spermselle kan afsterf of hul DNA kan sodanig beskadig word dat dit lei tot abnormale sperme en onvrugbaarheid. Die funksies van spoorminerale met betrekking tot bulvrugbaarheid, kan as volg opgesom word:

Sink

  • Belangrik vir spermatogenese
  • Belangrik vir testes ontwikkeling
  • ‘n Tekort kan lei tot vertraagde puberteit
  • Produksie en sirkulasie van testosteroon
  • ‘n Tekort lei tot verlaagde libido

Koper

  • Speel ‘n rol by spermselbeweeglikheid
  • Erge kopertekorte kan lei tot testikulêre defekte en onvrugbaarheid

Mangaan

  • Belangrik by die produksie van testosteroon
  • Erge tekort lei tot verlies aan libido en degenerasie van die testes

Selenium

  • Belangrik by produksie van selenoproteïene in die testes - van kritiese belang vir spermatogenese

  • Vorm deel van kragtige antioksidant ensieme wat selle beskerm teen oksidatiewe stres

  • Een so antioksidant, PHGPx speel ook ‘n noodsaaklike rol in:

    • Strukturele proteïene wat nodig is vir spermbeweeglikheid 

    • Minder spermdefekte - belangrik by die ontwikkeling van spermselle

Chroom

  • Verminder stres en bevorder sodoende spermatogenese
  • Betrokke by regulering van insulien en help om bulle se kondisie te behou
  • Ook betrokke by die antioksidant ensiem - verhoog bulle se immuniteit

 

AANVULLING

Om moontlike spoormineraalgapings aan te vul wat kan ontstaan agv verskeie redes soos wisselvallige inname van weiding of lekke, dominansie by die kripbakke en antagoniste in die water of weiding, word Multimin - ‘n wetenskaplik-beproefde inspuitbare spoormineraalpreperaat - aanbeveel op strategiese tye in die produksiesiklus as ‘n presisie gereedskapstuk om spoorminerale aan te vul wanneer die behoefte hoog is en spoormineraalgapings kan ontstaan.

Aangesien spermatogenese gemiddeld so 61 dae neem, word Multimin 3 maande voor die aanvang van die dekseisoen aanbeveel. Vir maksimum resultate, spuit bulle weer aan die begin van die dekseisoen en weer 4 maande later om hulle te help om vinniger optimale spoormineraalvlakke te bereik ná afloop van die dekseisoen.

Figuur 1: Multimin bevorder spermdigtheid
Figuur 2: Multimin bevorder spermbeweeglikheid

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more