Health Care

Score5 (1 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOOR KALWING: Parasietbeheer

Artikel 6 van 7 oor hierdie onderwerp

Parasiete kan 'n nadelige uitwerking op beesprestasie hê - van verlaagde voerinname aan die een kant tot vrektes aan die ander kant van die skaal.

Dit is dus belangrik dat ons bewus sal wees van die parasiete wat probleme kan veroorsaak en dit behandel voordat dit 'n impak op koeiprestasie het:

 

PARASIETSBEHEER

Inwendige parasiete

Wat jy nie kan sien nie, kan jou duur te staan ​​kom! 

Inwendige parasiete word oor die algemeen as nie so belangrik in beesproduksie beskou nie - veral by volwasse beeste. Ons sien selde sterftes en dit is soms nie so maklik om die negatiewe impak van inwendige parasiete waar te neem nie – veral met rondewurms. Lewerslak en peervormigemaagslak aan die ander kant, kan verwoestende gevolge hê as dit nie betyds behandel word nie.

 

Inwendige parasiete kan lei tot 'n vermindering in voerinname wat liggaamskondisietelling negatief sal beïnvloed, met al die negatiewe effekte wat daarmee gepaard gaan. Indien die koeie nie aan die einde van die herfs of iewers gedurende die winter vir inwendige parasiete behandel is nie, moet 'n skoonmaak voor kalwing oorweeg word.

In lewerslakgebiede word 'n lewerslakbehandeling voor kalwing aangeraai om te voorkom dat koeie gedurende die kalfseisoen behandel moet word. Die lewer verrig soveel noodsaaklike funksies en enigiets wat sy optimale funksionering negatief beïnvloed, kan 'n rimpel effek van negatiewe gevolge tot gevolg hê, bv. swakker kondisie, laer melkproduksie en herkonsepsie. Die lewer is die “spens en die stoof” van die koei wat optimaal moet funksioneer om belangrike funksies te kan verrig soos:

 

  • Produksie en uitskeiding van gal (afbreek van vet tydens vertering) 

  • Uitskeiding van bilirubien, cholesterol, hormone ens.

  • Uitskeiding van gifstowwe en ander stowwe

  • Metaboliseer vette, proteïene en koolhidrate vanaf vlugtige vetsure

  • Aktivering van ensieme

  • Berging van glikogeen (energie), vitamiene en minerale - veral spoorminerale

  • Sintetisering van plasmaproteïene, soos albumien, en stollingsfaktore.

 

Uitwendige parasiete

Die negatiewe effekte van uitwendige parasiete is baie meer opvallend as dié van inwendige parasiete. 

 

Let veral op die voorkoms van luise wat tydens en tot aan die einde van die winter kan toeslaan, wanneer die diere laatdragtig is en gewoonlik onder voedingstres verkeer. Luise veroorsaak groot irritasie en kan die kondisie van die koeie benadeel met al die gepaardgaande negatiewe gevolge. Wanneer koeie teen enige struktuur begin krap en skuur, begin om hulself aanhoudend te lek en kaal kolle met 'n verlies van hare verskyn, moet dadelik opgetree word. 

In die warmer gebiede moet die voorkoms van bosluise ook noukeurig gemonitor word. Die lang winterhare maak dit moeilik om die teenwoordigheid van die klein larf- en nimfstadiums van die bosluise waar te neem. Onthou dat vir elke een volgesuipte bloubosluiswyfie op 'n dier, daar 162 bosluise van verskillende stadiums van ontwikkeling teenwoordig is! 'n Winterbehandeling sal die aantal multigasheerbosluise gedurende die piekbosluisseisoen verminder, aangesien dit die larwestadium wat op die diere oorwinters sal verwyder.

 

Met 'n toename in temperatuur, kan die teenwoordigheid van vlieë ook 'n oorlas word. Dit lei tot irritasie, verlaging in voerinname, asook die oordrag van siektes en moet soos nodig behandel word.

 

Moenie die negatiewe uitwerking van parasiete onderskat nie!


 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Eliminate

Read more

Wirecide F

Read more

MultiDip

Read more

Flukazole C

Read more

Virbamec® LA

Read more

Virbamec® L

Read more