Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOOR KALWING: Algemene Bestuursaspekte

Artikel 7 van 7 oor hierdie onderwerp

Die laaste twee maande voor kalwing is seker een van die belangrikste periodes in die produksiesiklus om sukses te verseker.  Dit het nie net ‘n invloed op die suksesvolle geboorte van ‘n kalf met ‘n sterk oorlewingsvermoë nie, maar ook wat met die kalf en die koei gebeur na afloop van die geboorteproses, tot die sukses van die komende dekseisoen en selfs tot en met speentyd.

 

ALGEMENE BESTUURSASPEKTE

‘n Paar algemene bestuursaksies waaraan aandag gegee kan word gedurende hierdie tyd is die volgende:

 

  • Indien moontlik/prakties, is dit nou ‘n goeie tyd om die koeie volgens kondisie of kalftroppe te klas. (Pas die voeding van die koeie aan om teen die aanbreek van die kalfseisoen, in ‘n kondisiepunt van ten minste 3.5 te wees).

  • Maak seker dat genoeg spasie by lekbakke beskikbaar is om kompetisie so vêr as moontlik te verminder. Maak ook seker dat lekke deurentyd beskikbaar is.

  • Werk so rustig as moontlik met swaardragtige koeie om stres te verminder. Vermy kneusings of beserings tydens hantering wat tot aborsies kan lei. Hanteringsgeriewe moet van so ‘n standaard wees om dit moontlik te maak. Werkers moet ook opgelei wees om so rustig moontlik met die diere te werk. Koeie moet rustig na en van die hanteringsgeriewe aangejaag word. Skoon drinkwater moet te alle tye naby beskikbaar wees. Indien koeie in uitsonderlike omstandighede in die kraal moet oornag, moet vars drinkwater en voer (hooi) beskikbaar wees.

  • Beplan solank die kalfkampe en maak seker dat die heinings en watervoorsiening in orde is. Indien die kalwers kruipvoer gegee gaan word, moet seker gemaak word dat die voerbakke en kruiphekke in orde is.

  • Let op vir aborsies in laatdragtigheid. Enige geaborteerde fetus behoort so spoedig moontlik na die veearts geneem te word en weg gestuur word vir ondersoek om die oorsaak te probeer vasstel. Veral by eerstekalfverse, kan aborsies ‘n aanduiding van besmetlike misgeboorte wees! (Daarna kalf die koeie gewoonlik normaal)

  • Wees bedag op die voorkoms van metaboliese steurnisse soos melkkoors in laatdragtigheid.

  • Maak seker dat die “noodhulptas” die belangrikste middels bevat om die mees algemene toestande voor en tydens kalwing te kan behandel:

    • Steekpille (antibiotiese bruispille) om baarmoederinfeksie na moeilike geboortes te voorkom (Obermycin Foaming Pessaries)

    • Middels om diarree by pasgebore kalwers mee te behandel bv.  elektrolietaanvulling

    • Antibiotika om algemene infeksies te voorkom/behandel - tetrasiklien (Terralon® LA) of sulfa (Sulmetrim Plus NF) gebaseerde middels as eerstelyn behandeling.

    • Inflammatoriese middels (verligting van pyn en koors) - slegs by u veearts beskikbaar 

    • ‘n Middel om melkkoors mee te behandel

    • ‘n Jodium preperaat om naelstringinfeksies te voorkom - veral, wanneer in krale gekalf word (Oberdine Wound, Eye and Footrot Spray)

    • Wegdoenbare spuite en naalde 

    • Plastiese handskoene vir gebruik tydens moeilike geboortes


 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?