Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEES KALWERS: SPEENTYD: Voeding en Kondisie

Artikel 2 van 7 in die reeks oor Speentyd

 

As hulle goed lyk, sal hulle goed verkoop! 

Ongelukkig kan die voeding en kondisie van kalwers nie kort voor speentyd aangepas word om kitsresultate te verwag nie. Daar is aspekte van voeding en kondisie wat wel belangrik is en ‘n rol kan speel in die verwagte verkoopprys van kalwers.  Daarom is dit van uiterste belang dat die voeding van kalwers vroegtydig aandag moet geniet om teen speentyd in ‘n ideale kondisie te wees. Selfs al word kalwers self afgerond, gaan voeding en kondisie van die kalwers met speen, dieselfde invloed hê op sukses as wat vir die voerkrale geld.

 

Die meeste voerkrale soek ‘n grootraam kalf in ‘n goeie kondisie (nie vet nie), wat goed in die voerkraal kan aanpas en die potensiaal het om baie vleis aan te sit (goeie GDT oor ‘n langer tydperk). Dit beteken dat kalwers vanaf geboorte teen ‘n bestendige tempo moet groei om ‘n goeie raam te ontwikkel. Kalwers van laatryp rasse is normaalweg gewild by voerkrale weens hulle vermoë om langer/swaarder gevoer te kan word voordat hulle slagkondisie bereik. Maar, dit is nie altyd in die beste belang van boere om oral met sulke rasse te boer nie - ‘n bespreking vir ‘n ander dag!

 

Indien kalwers na speen in ‘n kraal gehou word, moet seker gemaak word dat goeie kwaliteit hooi en vars drinkwater te alle tye beskikbaar is. Kalwers wat gewoond is om uit krippe/lekbakke te eet, sal ook vinniger in die voerkraal aanpas. Alhoewel dit nie altyd prakties is nie, kan deur kalwers naspeens eers gewoond te maak aan voerkraalomstandighede (conditioning), ook beter pryse beding word. 

Die artikels in die “bestuur” reeks, het slegs slegs ten doel om die belangrikste aspekte van die produksiestadium onder bespreking tuis te bring. Indien meer indiepte inligting oor ‘n spesifieke aspek bekom wil word, kyk gerus of daar onder “verwante” artikels ander artikels beskikbaar is. 

 

 

 

6009230315DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more