Health Care

Score5 (1 Votes)

Spoorminerale vir speenkalwers – Sink (Zn)

Waar kry 'n speenkalf sy nodige voedingstowwe vandaan? Dit is iets wat elke boer moet verstaan ten einde die beste uit die diere te kry in terme van groei en gesondheid.

As ons kyk na die basiese beginsels, benodig herkouers die volgende vir oorlewing en produksie:

  • Koolhidrate
  • Vette
  • Proteïene
  • Vesel
  • Water
  • Vitamiene
  • Minerale – makro- sowel as spoorminerale (bv. kalsium (makromineraal) en selenium (spoormineraal)

In hierdie eerste kort artikel oor spoorminerale vir speenkalwers gaan ons kyk na die rol van sink (Zn). Opeenvolgende artikels sal handel oor koper (Cu), mangaan (Mn), selenium (Se) en laastens, chroom (Cr).

Rol van sink

Sink is 'n noodsaaklike bestanddeel van meer as 200 ensiemstelsels in die liggaam (Vallee en Galdes, 1984) wat energiemetabolisme, proteïenvorming en die vervoer van vitamiene A en E insluit. Slegs ongeveer 30% word uit die dermkanaal opgeneem, afhangende of die sink bind aan ander komponente (antagoniste) in die rumen – wat veroorsaak dat sink nie opgeneem kan word nie. Sink is ook belangrik vir immuniteit as gevolg van die rol daarvan om oksidatiewe stres te verlaag. Dit is 'n belangrike komponent van die antioksidant genaamd superoksied dismutase (SOD). Sink is ook noodsaaklik vir gesonde hoewe en vel, dus oor die algemeen by vinnig verdelende selle.

(Bron: https://www.tutorialspoint.com/chemistry_part2/chemistry_zinc.htm)

Tekorte

'n Tekort aan sink kan lei tot kliniese tekortsimptome soos haarverlies, vrotpootjie, en stadige wondgenesing. Suboptimale vlakke van sink lei tot minder ooglopende, maar baie skadelike, simptome soos verlaagde voerinname by kalwers (laer gewigstoename), asook verswakte immuniteit. Immuniteit is van kritiese belang tydens die stres wat hand aan hand gaan met die speenproses en wat met die kalwers direk ná speen gebeur. Navorsing bewys dat kalwers wat spoorminerale ontvang deur middel van 'n enkelinspuiting voordat hul in die voerkraal ingaan, se immuunsisteem die stres van plasing in die voerkraal saam met ander diere beter kan hanteer (Arthington et al., 2014). Die voerkraaleienaar spaar geld, want diere reageer beter op inentings, minder diere hoef vir siektes behandel te word, die wat behandel word herstel viniger en kom weer vinniger aan die vreet,  (Roberts et al., 2016) en verbeter die gemiddelde daaglikse gewigstoename.

Die behoefte aan sink verhoog drasties met strestoestande soos tydens speen, vervoer en voerkraalprosessering. Addisionele sink kan baie effektief toegedien word deur 'n inspuitbare, gebalanseerde spoormineraalaanvulling op strategiese tye te gee. Sodoende word verseker dat speenkalwers optimaal presteer.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more