Health Care

Score5 (4 Votes)

Hoekom Lewergesondheid?

Alhoewel alle organe belangrik is om sekere funksies in die liggaam te verrig, is die lewer sekerlik een van die belangrikste organe as ‘n mens kyk na al die funksies wat dit verrig. Die lewer is bekend om meer as 500 funksies te verrig! Ons kan dus verstaan dat as die lewer nie optimaal funksioneer nie, die dier ook nie optimaal sal funksioneer nie. 

Die volgende is van die belangrikste funksies wat deur die lewer verrig word:

  • Energievorming - vanuit voedingstowwe (asynsuur, propioonsuur, melksuur)
  • Proteïenvorming - vanuit stikstof en aminosure (benutting van stikstof)
  • Teenliggaamvorming - teen siektes (entstofreaksie verbeter)
  • Cholesterolvorming - vanuit gestoorde binnevet (voorloper van geslagshormone)
  • Galsoutvorming (vertering en Vit A produksie)
  • Storing van spoorminerale (hoofstoororgaan van verskeie spoorminerale)
  • Neutralisering van gifstowwe (“ontgifting” van die liggaam)
  • Opvang van bakterië (soos die van die spysverteringkanaal wat in die bloed kan beland)

 

Die lewer kan in praktiese terme met ‘n “spens en stoof” vergelyk word. Die spens is die stoor plek waar vandaan bestandele gehaal word om “kos” te maak op die stoof. Indien al 4 plate van die stoof tenvolle funksioneel is, kan ‘n groot hoeveelheid kos gelyktydig gemaak word. Indien een van die plate nie werk nie, moet die ander 3 plate harder en langer werk om dieselfde hoeveelheid kos as met 4 plate te maak. Indien 2 plate nie funksioneel is nie, raak dit byna onmoontlik en indien 3 plate nie werk nie, is dit ‘n onmoontlike taak om dieselfde hoeveelheid kos per dag te maak. Netso, afhangende van die skade aan die lewer van die dier, kan dit later nie meer byhou nie en word reproduksie, produksie en immuniteit ingeboet.

Die parasiet: 

Lewerslak (gewone: Fasciola hepatica en reuse: Fasciola giantica) kan, indien dit nie beheer word nie, die “spens en stoof” van die dier so beskadig dat dit tot groot finansiele verliese lei.

 

Habitat en verspreiding: 

Lewerslak kom wyd verspreid in die oostelike dele van die land voor, of waar die habitat vir die tussengasheer (varwaterslak) geskik is om te oorleef. Dele met stadigvloeiende water soos vleie, moerasagtige dele, weidings wat besproei word en damme, kan die geskikte habitat wees en as primere besmetting dien. Sekondere besmetting kan plaasvind deur die pomp van water vanaf besmette dele.

 

Lewensiklus van lewerslak:

  • volwasse lewerslak lê eiers wat in die mis uitgeskei word
  • in gunstige omstandigehede broei die eiers uit om die mirasidia te vorm 
  • die mirasidia dring die tussengasheer varswaterslak binne en ontwikkel tot veelvuldige serkaria
  • die serkaria verlaat die varswaterslak en vorm die besmetlike metaserkaria wat aan die gras vasheg 
  • die metaserkaria word deur die dier ingeneem en volg die spysverteringstelsel tot in die dunderm
  • in die dunderm boor dit deur die dermwand om in die liggaamsholte te beland. Hulle migreer vir ongeveer 2 weke heen en weer totdat hulle die lewer bereik
  • Nadat dit die lewer binnegedring het, migreer die onvolwasse lewerslak heen en weer totdat dit in ‘n galbuis beland (2 weke tot 8 weke)
  • In die galbuis ontwikkel dit tot volwassenheid (8 tot 12 weke) om die lewensiklus te voltooi wanneer eiers gelê word.

 

Skade veroorsaak:

  • Die migrerende stadia vanaf die dunderm tot by die lewer kan bloedings veroorsaak.
  • Die migrerende vroeë-onvolwassenes binne die lewer veroorsaak bloedings en skade aan die lewerweefsel wat tot onproduktiewe bindweefsel lei
  • Die ontwikkeling van die onvolwasse stadia tot volwassenes in die galbuise, veroorsaak irretasie waarop die liggaam reageer. Die galbuise verdik en kan later selfs ‘n sogenaamde “pypsteel” vorm waar die galbuis afgesluit word, sodat dit nie meer effektief is om gal af te voer via die galbuis nie


 

Bloeding veroorsaak deur migrerende lewerslak

 

Bloeding veroorsaak deur migrerende lewerslak 

 

Nekrose veroorsaak deur migrerende lewerslak 


 

Verstopping van galbuise deur volwasse lewerslak

 

 

Verdikking van galbuise veroorsaak deur volwasse lewerslak 

 

Gevolge: 

Lewerslak kan die lewer tot so ‘n mate beskadig dat dit lei tot energie- en proteintekorte (verlies aan kondisie, vrugbaarheid en groei); die stoorvermoë van spoorminerale beperk - wat die aanvulling van spoorminerale oneffektief maak en wat tot suboptimale vlakke van spoorminerale lei (verlaagde immuniteit, reproduksie en produksie); tot Vit A tekorte kan lei – selfs op groen weiding; en al die ander funksies (soos vroeër genoem) negatief beinvloed.

Beheer - produkte: 

Deur lewerslak so goed moontlik te beheer, kan die skade beperk word. Die belangrikheid om die vroeë-onvolwasse stadia wat die lewer binnedring en migreer so goed moontlik te beheer, kan nie genoeg beklemtoon word nie! Tydigheid van behandelings en die gebruik van ‘n doeltreffende middel is dus van kardinale belang.  

  • Orale dosering: Triklabendasool is die aktiewebestandeel van keuse vir die beheer van die lewerslak binne in die lewer. Onthou net – geen middel beheer die migrerende stadium van die dunderm af na die lewer nie (<2 weke)! Bekdosering is die doeltreffendste metode om die vroeë onvolwasse stadia (>2weke en ouer), wat die meeste skade aanrig, tot en te beheer.
     
  • Inspuitbare middels beheer net sekere stadia in die lewer. Die mees algemeen gebruikte inspuitbare produkte wat klorsulon/ivermektien bevat, asook die wat nitroksiniel bevat, beheer net die volwasse stadia wat in die galbuise voorkom. Inspuitbare middels wat klosantel bevat, mag ‘n “hulp in beheer” registrasie op van die onvolwasse stadia hê wanneer dit teen ‘n hoër dosis gespuit word , asook volwasse lewerslak beheer.

 

Beheerprogram: 

Om die skadelike effek van lewerslak te beperk, moet die beheerprogram daarop gerig wees om die vroegste moontlike stadium van lewerslak so doeltreffend moonlik te beheer en om die besmetting van die weiding te beperk (voorkom dat volwasse lewerslak eiers lê). ‘n Beheerprogram moet opgestel word op grond van die omstandighede wat op elke plaas heers (voervloeiprogram,  weidingsbestuur en produksiestelsel). ‘n Program vir die hoëveld behoort die volgende minimum behandelings te bevat:

  • Laatsomer/vroegwinter behandeling (Apr/Mei) – om lewerskade te beperk en die winter so “skoon” as moontlik in te gaan. Behandel verkieslik 2 weke na die eerste goeie ryp (wanneer kanse vir herbesmetting af neem), of wanneer na “skoon” weidings (oesreste) geskuif word. Die middel van keuse is Flukazole C.
  • Laatwinter/vroeëlente behandeling (Aug/Sept) – om enige herbesmetting en volwasse lewerslak te beheer (besmetting van die weiding met eiers te verminder). Middel van keuse is Flukazole C. Virbamec L kan ook gebruik word indien bosluis-/luisbeheer nodig is. 

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Related Products