Health Care

Score0 (0 Votes)

Multimin, ‘n vennootskap sonder gelyke

 

Frikkie Oosthuizen en Seuns Boerdery, ‘n intensiewe melkboerdery in die Swellendam/Bonnievale-omgewing, maak op vennootskappe staat vir die sukses van hul melkery.

Frihan Oosthuizen sê, “Ons verhouding met Virbac is een van die belangrike komponente wat bydrae tot die langlewendheid van ons besigheid."

Dié boerdery is ingestel op hoë produserende diere, en Multimin dra by tot hierdie produksie – van die gesondheid en vrugbaarheid van hul koeie, tot die grootmaak van hul kalwers.

Wanneer dit kom by hoë produserende melkkoeie, is dit belangrik om te sorg dat hul spoormineraalstatus optimaal is deur elke stadium van produksie. Presisieboerdery by groot melkkuddes is van kardinale belang. Deur Multimin strategies te gebruik het die Oosthuizen’s terugbetaling op hulle belegging ontvang deur dragtigheid persentasie wat verbeter het, minder siektes en beter grootmaak van kalwers. Op hierdie plaas word kuilvoer gemaak van hoë gehalte en voeding is belangrik om te voorsien in die hoë voedingsbehoeftes van hul moderne Holstein en Jersey koeie. Multimin word by hierdie kudde toegedien tydens opdroog, met opstoom en net na kalwing, asook tydens seisoensverandering saam met Pro-Vit A vir vitamien A aanvulling. Vir die kalwers is daar ‘n vaste program - kalwers word Multimin gegee op 7 dae ouderdom, tydens speen en verse vier keer ‘n jaar tot en met teel. Bulle word ook 3 tot 4 keer ‘n jaar met Multimin behandel, indien hulle bulle het.

"Multimin is een van die groot komponente in ons melkery en onontbeerlik op hierdie plaas", meen Nita Steyn, een van die kuddebestuurders op die plaas.

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?