Health Care

Score3.8 (13 Votes)

Longontsteking in skape

Longontsteking in skape is `n toestand waar die longe aan inflammasie onderwerp word as gevolg van infeksie met kieme of vreemde materiaal wat in die longe beland. In skape in Suid- Afrika, is longontsteking gewoonlik as gevolg van `n primêre bakteriese infeksie (bakteriese infeksies wat ontstaan sonder voorafgaande virusinfeksies) Saam met Haarwurm besmetting, is longontsteking een van die mees algemene oorsake van vrektes in skape. In lammers kan die bakterieë skielike vrektes veroorsaak as gevolg van septesemie. In ouer diere veroorsaak dit akute longontsteking met meegaande vrektes, of dit kan ontwikkel in `n kroniese longontsteking wat lei na swak produksie.

Oorsake

Longontsteking in skape word veroorsaak deur:

  • Die bakterieë Pasteurella multocida and Mannheimia haemolytica, wat die hoof-oorsake is van longontsteking by skape.  
  • Bakteriese komplikasies van virus infeksies soos “Jaagsiekte”.

Bogenoemde bakterieë kom onder normale omstandighede in die skaap se asemhaling-sisteem voor sonder om probleme te veroorsaak. Wanneer die diere egter aan stres onderwerp word en hul immuniteit word onderdruk, sal die bakterieë hul kans waarneem en die longe binnedring waar hulle dan skade sal veroorsaak. 

Toestande wat die risiko van longontsteking verhoog, sluit in:

  • Oorbevolking in krale.
  • Vervoerstres.
  • Swak behuisings-omstandighede.
  • Skielike veranderinge in omgewing.
  • Wisselende temperature en skielike koue.

Let daarop dat `n uitbraak van longontsteking kort na bestuurs-prosedures soos bek-dosering mag wees as gevolg van foutiewe dosering tegniek wat aspirasie-longontsteking tot gevolg kan hê (wanneer die doseerstof in die longe beland).`n Veearts sal hierdie diagnose kan bevestig deur `n nadoodse ondersoek uit te voer. 

Simptome

  • Depressie en koors. Die dier bly agter die res van die trop. 
  • Verhoogde asemhalings-tempo.
  • Inspan van die maagspiere om te help met asemhaling.
  • Hoes.
  • Snotterige uitskeidings deur die neusgate.

Behandeling

Bespreek behandeling met `n gepaste antibiotikum met u veearts. Voorkoming is egter baie beter as behandeling.

Voorkoming

NB. Daar is baie goeie entstowwe op die mark beskikbaar teen Pasteurella multocida and Mannheimia haemolytica wat die hoof-rolspelers in skaaplongontsteking is. Implementeer `n permanente entprogram in die kudde met behulp van `n veearts.

Probeer vervoerstres sover moontlik te beperk en voorsien goeie gehalte water en voer. Hou siek diere eenkant in `n droë plek. Gebruik aanvullings in die voer om die diere se immuunsisteem te versterk. Verseker goeie ventilasie en monitor die diere daagliks vir enige tekens van longontsteking. Pas die regte doserings-tegnieke toe en probeer om enige skielike omgewings-veranderinge te buffer waar moontlik. Probeer om die stof in stowwerige toestande te beheer. Kwarentyn nuwe aankomelinge en hou aan met die monitor van tekens van longontsteking nadat die nuwelinge in die kudde bygevoeg is.

Raadpleeg ons produk katalogus vir inligting oor aanvullings en kontak ons vir meer inligting aangaande die behandeling en voorkoming van longontsteking in skape.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1