Health Care

Score4 (2 Votes)

Melkkoors in skape

Melkkoors in skape; verskille met melkkoors in koeie

Melkkoors (hipokalsemie) in skape is `n voorkombare toestand, Melkkoors in ooie verskil van melkkoors in koeie as volg: Melkkoors in skape slaan gewoonlik toe VOOR lam (alhoewel dit moontlik is om gevalle te sien vanaf 4 weke voor, tot 6 weke na lam). In koeie kom meeste gevalle NA kalf voor. Daar is nog `n verskil: In koeie sal `n rantsoen wat hoog is in kalsium gedurende die droë periode `n onderdrukkende effek hê op die mobilisering van kalsium uit die gebeentes van die koei wat dan moontlik kan lei na `n tekort aan kalsium in die bloed na kalwing. Skape blyk nie onderhewig te wees aan hierdie verskynsel nie. `n Rantsoen wat voldoende kalsium bevat moet gevoer word gedurende die 6 weke voor lam om te verseker dat melkkoors gevalle onder beheer gehou word.

Oorsaak

Melkkoors in skape gebeur wanneer die liggaam nie in staat is om genoeg kalsium uit die gebeentes te onttrek om voldoende kalsium-vlakke in die bloed te bewerkstellig nie. Veral gedurende die 3 weke voor lam, dreineer die vinnige skelet-ontwikkelling van die ongebore lam(mers) die kalsium reserwes van die ooi en dit is veral gedurende hierdie tyd dat `n rantsoen met die korrekte kalsium : fosfaat verhouding gevoer moet word. Raadpleeg `n voedingskundige vir hulp hiermee. Ooie wat tweelinge dra, is meer vatbaar vir melkkoors. Die toestand mag ook voorkom wanneer oksalate kalsium in die bloed bind, wat die kalsium dan onbeskikbaar maak vir gebruik deur die dier. Dit gebeur gewoonlik nadat oksalaat – bevattende plante soos Olifants-Oor of Geel Suring gevreet word.   

Simptome

Melkkoors in skape kom dikwels voor as uitbrake alhoewel dit moontlik is vir individue om die toestand te ontwikkel. In erge gevalle kan tot 30% van die kudde aangetas word, maar die gemiddelde voorkoms is nader aan 5%. 

Simptome sluit in:

  • Lomerigheid / lusteloosheid
  • Speekselloop
  • Styfheid tydens beweging
  • Spiertrillings (alhoewel hierdie simptoom meer algemeen by bokke met melkkoors gesien word).
  • Kop uitgestrek na vore op die grond met bene wat uitgestrek mag wees, of onder die dier ingevou.
  • Vinnige asemhaling, soms met skuim by die bek.

Behandeling

Dien kalsium binne-aars of onderhuids toe. Diere kan vrek indien hulle nie so spoedig moontlik behandeling ontvang nie. Indien die toestand vroeg genoeg gediagnoseer word, is orale aanvulling met voer wat hoog is in kalsium soms al wat benodig word. As die ooi nie in staat is om te vreet nie, behandel met inspuitbare kalsium. Indien die dier(e) nie binne ure verbetering toon nie, bestaan die moontlikheid dat die dier boonop ketose (`n energie tekort) het. Binne-aarse dekstrose en / of propileen glikol deur die bek sowel as moontlike kortisoon behandeling sal help vir ketose.

Voorkoming

Voorsien voer met genoeg kalsium gedurende die laaste 6 weke van dragtigheid en hou vol hiermee vir tot 4 weke na lam. Voer wat laag is in kalsium sluit in: lae- graadse hooi, strooi en grane. Indien skape binnenshuis gehou word is daar `n moontlikheid dat hulle `n onderliggende vitamien D tekort het wat sal bydra tot `n verhoogde voorkoms van melkkoors gevalle deurdat opname van kalsium uit die spysverterings-kanaal deur vitamien D tekort verhinder word. Aanvulling met vitamien D en met voer wat genoeg kalsium bevat gedurende die periode van 6 weke voor, tot 4 weke na lam sal help om melkkoors te verhoed.

Diere wat te vet is, sukkel om genoeg droë materiaal in te neem as gevolg van beperkte ruimte in die maagholte en gevolglik kan kalsium asook energie tekorte ontstaan. Dit kan dan moontlik lei na melkkoors en ketose probleme. Ooie kan gelyktydig aan albei hierdie toestande ly. Ooie wat tweelinge dra moet meer kalsium en enegie-digte voer kry. Ouer ooie sukkel om kalsium optimal te absorber. Moniteer die kudde en voorsien ekstra kalsium en energie aan hoë-risiko diere. Maak seker dat ooie in laat dragtigheid nie vir meer as 12 ure sonder voer is nie.

Kontak ons vir meer inligting rakende ons aanvullings en behandelings vir melkkoors in skape.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte