Health Care

Score0 (0 Votes)

Bruinmaagwurm¹: Die “Winterparasiet”

Bruinmaagwurm (Teladorsagia circumcinta) is ‘n rondewurm wat skape en bokke aantas en groot skade kan aanrig indien dit nie betyds beheer word nie.

bruinmaagwurm.jpg

Verspreiding:

Dit is ‘n parasiet van die winterreënvalstreek, maar kan ook in die somerreënvalgebiede ‘n problem raak, veral waar skape in die winter op besproeideweidings wei.

Die parasiet:

Dit is ‘n kleinerige rooi-bruin wurm, ongeveer 10mm in lengte en net-net waarneembaar op die voering van die melkpens (abomasum). Volwasse wyfies lê ongeveer 50-100 iers per dag. Die volwassenes binne die gasheer kan vir variërende tydperke in die geïnhibeerde (hipobiotiese) stadium verkeer. Hulle raak weer aktief wanneer omgewingstoestande gunstig raak. Bruinmaagwurm is nie bloedsuiende wurms soos haarwurm nie, maar dit beskadig die voering van die melkpens in die proses van volwassewording vanaf die larfstadium.

Simptome:

bruinmaagwurm2.jpg

Bruinmaagwurmskade in die melkpens (Bron: Dr R Woodgate, Departement van Landbou, Wes-Australië)

Lusteloosheid, gewigsverlies, swakheid, diarree en vrektes is aanduidings dat bruinmaagwurm teenwoordig kan wees. Met swaar besmettings is ‘n vinnige verswakking, skielike vermaering en erge diarree tipies. Ligter besmettings lei tot diere wat net oor die algemeen nie gesond lyk nie, nie wil presteer nie en tekens van diarree kan toon. Die diarree kan maklik met voedingsverwante diarree verwar word as die diere op besproeideweidings loop.

Gevolge:

Produksieverliese kom algemeen voor, selfs in die afwesigheid van tipiese simptome. Geaffekteerde diere het ‘n verlaagde eetlus en ‘n verlies aan proteïene. Dit lei tot ‘n verlaging in groeitempo van tot 35%. Wol-, haar- en melkproduksie kan elk afsonderlik met tot 20% afneem voordat tipiese simptome waargeneem word. Vrektes kom voor waar diere nie vroegtydig met ‘n effektiewe middel behandel word nie.

Diagnose:

Gereelde wurmeiertellings is die enigste manier om die besmetting op te tel voordat produksieverliese plaasvind. Kliniese simptome is eers waarneembaar nadat betekenisvolle produksieverliese reeds plaasgevind het. Van die simptome kan ook deur ander parasiete en siektes veroorsaak word.

Nadoodse tekens:

Wanneer ‘n nadoodse-ondersoek uitgevoer word, is die skade aan en ontsteking van die melkpensvoering duidelik sigbaar. (Sien foto).  Massas verstrengelde wurms kan op die voering van die melkpens waargeneem word, die voering is verdik, rooi en oortrek met witterige knoppies, 1-2 mm in deursneë. Die karkas is ook gewoonlik vermaer met min tot geen vet.

Behandeling:

Nie alle aktiewebestanddele is effektief teen bruinmaagwurm nie! Sommige middels het net ‘n “hulp-in-beheer” registrasie, terwyl ander net ‘n registrasie van beheer teen die volwassestadium het. Kies dus ‘n middel wat spesifiek ‘n “beheer” registrasie (>90% effektief) het teen beide die onvolwasse- en volwassestadia. Sommige middels het ook ‘n registrasie om die geïnhibeerde larfstadia te beheer en sodoende die meeste van die parasiete te verwyder.

Die teenwoordigheid van ander parasiete kan ook ‘n invloed hê op die keuse van ‘n middel te gebruik. Indien bruinmaagwurm egter as die primêre probleem geïdentifiseer word, word dit aanbeveel om ‘n produk te gebruik wat die beste moontlike registrasie teen bruinmaagwurm het. Virbamax LV® (G2782) is ‘n Virbac produk so ‘n registrasie het. Sien Virbac se webwerf by https://za.virbac.com/  of kontak u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir volledige inligting.

NB. Weerstandigheid kan op sekere plase ‘n faktor wees. Die uitvoer van ‘n miseiertellingreduksietoets (METRED) word aanbeveel om seker te maak dat die produk wat gebruik word wel effektief is om die meeste parsiete binne die dier te dood.

 

¹Die meeste van die inligting in hierdie stuk vervat is met erkenning aan “wormboss”. http://www.wormboss.com.au/worms/roundworms/brown-stomach-worm.php

  

Kontak u Virbac verteenwoordiger vir meer inligting

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Eliminate

Read more

Flukazole C

Read more

Prodose® Blue

Read more

Virbamax LV®

Read more

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Red

Read more

Prodose® Green

Read more

Wirecide F

Read more

Virbamax First Drench™

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more