Health Care

Score3.7 (7 Votes)

Neuswurm in skape

Neuswurms is die maaiers of larwes van die neusvlieg Oestrus ovis in kleinvee. Hulle ontwikkel slegs tot volwassenheid in skape en bokke. Alhoewel diere nie ooglopend negatief beïnvloed word deur ‘n neuswurmbesmetting nie, het dit oor die langertermyn ‘n negatiewe invloed op groei, wolproduksie en selfs reproduksie as dit nie doeltreffend behandel word nie. Skape mag tekens van nasale irritasie toon en, in uiterste gevalle, asemhalingsprobleme ervaar.

A nasal bot with a size of 4cm.

Lewensiklus van die neusvlieg

Die vlieë se aktiwiteit is seisoenaal en bereik ’n hoogtepunt in die lente en laatsomer wanneer temperature bo 20 °C is, maar die aktiwiteitspatrone wissel tussen streke. Die wyfievlieg het ’n lewensduurte van ongeveer twee dae in die somer en vier weke in koue weer. Die neusvlieg lê larwes, nie eiers nie, op die gasheerdier. Sodra die larwes gelê is by die skaap se neusgate, beweeg hulle in die neusholte en frontale sinusse in waar hulle groei. Hulle ontwikkel deur drie larwestadiums en wanneer hulle volwasse is (ongeveer 3 cm lank), word die larwes gewoonlik uitgenies deur die dier. Die ontwikkeling van die larwes in die skaap se kop wissel baie en dit kan so gou as ses weke neem of so lank as tien maande. Uitgeskeide maaiers word papies in die grond en die vlieë kom ná ’n paar weke te voorskyn. Die duur van elke stadium wissel baie en word hoofsaaklik bepaal deur die temperatuur.

Uitwerking van neuswurm

Die meeste besmettings gaan ongesiens verby, maar skape mag rusteloos voorkom wanneer die vlieë teenwoordig is. Hulle mag ook saamdrom in skadukolle waar die vlieë minder bedrywig is. Dit kan ‘n invloed hê op hulle vreetpatroon en uiteindelik kondisie, groei en selfs wolprodukie. ’n Neusuitloopsel kan by besmette skape voorkom en hulle mag moeilik asemhaal, nies of hoes. Die uitloopsel kan die diere se reuksin aantas. Dit beteken dat ramme se vermoë om die bronstige ooie in paartyd te ruik beïnvloed word. Wanneer ooie gelam het, moet die ooie met hulle lammers ‘n band vorm en in die trop kan identifiseer, waarin hul reuksintuig ‘n belangrike rol speel.

Diagnose

Daar is geen kommersieel beskikbare toets wat besmette skape kan identifiseer nie. Die vlieë is ’n bietjie kleiner as gewone brommers maar word selde gesien. Die eienaardige gedrag van die skape wanneer die papievlieë aktief is, mag ’n aanduiding van ’n komende infestasie wees. Hulle mag proes, hulle voorpote stamp, kort entjies rondhardloop of hulle neuse in die wol van ander skape druk. ’n Neusafskeiding, met of sonder ’n gepaardgaande genies of gehoes, mag verdag wees, maar kan nie alleen as ’n diagnose vir ’n neusvlieginfestasie dien nie. Neusafskeidings mag verwar word met longverwante siektetoestande.

Behandeling

Makrosikliese laktone (ML'e - soos: ivermektien, abamektien, en moksidektien) en klosantel is aktiewe wat geregistreer is vir die behandeling van skape teen neuswurm. Vir gemoedsrus, gebruik ’n produk soos Prodose Orange of Prodose Yellow LA wat klosantel as ’n aktiewe bestanddeel bevat. In die ML-groep kan Virbamax First Drench, Virbamax LV, en die Virbamec reeks ook doeltreffend teen neuswurm aangewend word.

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Prodose® Orange

Read more

Virbamax LV®

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more