Health Care

Score5 (1 Votes)

SKAAPBESTUUR VOOR-LAM: Inenting

Artikel 3 van 6 oor hierdie onderwerp

“CONCEPTION TO CONSUMPTION” - 'N PROGRAMBENADERING

Goeie immuniteit is een van die belangrikste pilare van goeie gesondheidsorg. Laatdragtige ooie se immuunstelsel is onder druk en moet ondersteun word. Vir die ooi self, veral met ‘n toename in goeie kwaliteit voeding in laatdragtigheid, is dit noodsaaklik dat immuniteit teen bloednier (Clostridium spp) geoptimaliseer word dmv enting. 

Die pasgebore lam word sonder immuniteit gebore en is totaal afhanklik van goeie kwaliteit bies hoog in teenliggame, om sy immuunsisteem in rat te sit. Deur ooie in laatdragtigheid te ent (klostridiumverwante siektes en pasteurella), kan die kwaliteit van bies verhoog word en na die lam oorgedra word dmv die bies. Dit sal die lam in die eerste paar weke so goed moontlik te beskerm. 

 Kontak gerus u plaaslike veearts vir die mees geskikte entstowwe vir u area. 

NB. Algemene voeding en spoorminerale kan die effektiwiteit van entstowwe beïnvloed.

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?