Health Care

Score5 (1 Votes)

Strategiese Dosering van Ooie as Voorbereiding vir die Paarseisoen

Strategiese dosering is ‘n dosering  wat op ‘n spesifieke voorafbepaalde tyd gegee word om die interneparasietlading vir ‘n spesifieke doel te verlaag. Die kondisie van die ooie voor die aanvang en tydens die paarseisoen is van kritiese belang.

  

Parasietbeheer speel ‘n belangrike rol in die algemene gesondheid en kondisie van ooie, aangesien die parasiete ‘n negatiewe invloed op konsepsie kan hê as gevolg van die volgende faktore:

  • Verlies van bloed (veral haarwurm) – verlaag lewenslus (verlies aan gewig, kondisie en selfs vrektes)
  • Verlaging in eetlus en weityd – lei tot verlaagde voerinname (verlies aan gewig en kondisie)
  • Diaree  (verlies aan gewig en kondisie)
  • Irretasie  – veroorsaak deur neuswurm (verlies aan gewig en kondisie)
  • Verlies van optimale lewerfunksie – lewerslak
    • Verlaagde proteïen- en energiemetabolisme (verlies aan gewig en kondisie)
    • Verlaagde hormonale metabolisme (vetraagde estrus, swak kwaliteit eiselle en konsepsie)
    • Verlaagde storing van spoorminerale (verlaagde konsepsie en embrio-oorlewing)
  • Besmetting van weiding met wurmeiers – verhoogde parasietlading
  • Druk op die immuunstelsel  – verlaagde effektiwiteit van entstowwe en algemene gesondheid

Enige verlies aan gewig en kondisie voor en tydens die paarseisoen, kan ‘n nadelige uitwerking hê op die konsepsie en die fekunditeit (aantal meerlinge). Deur die ooie vry van inwendigeparasiete te hou voor en tydens die paarseisoen, kan dit bevorderlik wees om ‘n goeie konsepsiesyfer te behaal. 

Deur ‘n produk te gebruik wat nawewerking het en herbesmetting verhoed, beteken dit dat die ooie vir langer parasietvry gehou word gedurende die paarseisoen.  Die hantering en dosering van ooie tydens die paarseisoen moet sovêr as moontlik vermy word. Die stres gepaardgaande met die hantering mag lei tot die resorpsie van embrio’s. ‘n Verlaging in konsepsie en uiteindelik die lampersentasie, is iets wat ons nie kan bekostig nie!

‘n Strategiese dosering voor die aanvang van die paarseisoen kan as komplimentêr tot prikkelvoeding en die voorpaar spoormineraal op-top (Multimin®) gesien word om maksimum konsepsie te verseker. Soos met enige dosering, is dit aan te beveel dat ‘n bloednier enting gedoen word voordat dosering plaasvind (veral indien die ooie nie binne 6 maande voor die aanvang van die paarseisoen ge-ent is nie). 

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more