Health Care

Score2.7 (3 Votes)

U Sleutel tot Gesonde lammers

Om lammers die beste moontlike wegspring in hul leeftyd te gee, behoort hulle:

  1. Gedoseer te word;
  2. Ge-ent te word; en
  3. Aangevul te word met essensiële vitamiene en aminosure

Virbac, die vervaardiger van Prodose Orange en Multimin, verstaan bogenoemde en het ‘n reeks produkte pasgemaak vir gebruik op lammers.

Gesondheidsbehandelings vir lammers

Vanaf die ouderdom van 5 - 6 weke, is daar heelwat gesondheidsaspekte wat skaapboere moet oorweeg. Gegewe die feit dat geen seisoen, plaas of kudde dieselfde is nie, is daar nie “een grootte pas almal” protokol nie!

Desniteenstaande, word die volgede deur skaap spesialiste as ‘n minimum aanbeveel:

  • Doseer lammers strategies om hulle teen die nadelige effek van inwendige parasiete te beskerm
  • Ent lammers vroegtydig teen siektes wat relevant is vir jou omstandighede (bv. Klostridiale siektes ens.); en
  • Vul lammers aan met essensiële elemente (bv. vitamiene en aminosure) om hulle algemene immuniteit te verhoog en te herstel na gesondheids- en voedingsuitdagings

Die eerste en belangrikste is die keuse van doseermiddel. Daarna kan die entings en ander aanvullings bygevoeg word.

Gesondheidsbehandelings vir lammers

Dosering

Lammers is die diere op die plaas vir die maklikste negatief geraak word deur inwendige parasiete.  Dit is as gevolg van:

  1. Jong lammers het nog geen immuniteit teen parasiete nie; en
  2. Speenskok plaas groot stres op lammers wat die immunsisteem onder druk plaas en lammers meer vatbaar maak vir siektes en parasiete.

Oorweeg die volgende twee faktore wanneer vir lammerdosering:

  1. Is lammers blootgestel ‘n verhoogde parasietlading?
  • Is lammers blootgestel aan parasietbesmette kampe?
  • Word toestande verwag wat kan lei tot ‘n verhoogde voorkoms van parasiete (bv. normale tot hoë reënval en warm temperature)?
  1. Is die lammers blootgestel aan lintwurmbesmetting?
  • NB. Sommige doseermiddels is meer effektief om alle soorte lintwurm te beheer (nie net melklintwurm nie) en ook meer doeltreffend om die hele wurm (kop en lyf) te verwyder.

Rondewurms en Lintwurms in Lammers

Prodose Orange is boere se gunsteling doseermiddel. Dit het ‘n breëspektrum van beheer en het ‘n lang nawerkende effek. Dit beheer rondewurms, neuswurm en melklintwurm. 

Prodose Orange

Virbamax First Drench, die kragtige omvattende doseermiddel vir lammers, met breëspektrum rondewurm-, neuswurm- en al 4 tipes lintwurmbeheer.

Virbamax First Drench

Aanvulling van essensiële vitamiene en aminosure

Carmino+ verskaf n reeks van vitamiene en aminosure as ‘n hulpmiddel tot die ondersteuning van die lam se immuunsisteem. Dit help lammers om vinniger te herstel na terugslae as gevolg van gesondheidsverwante toestande of parasiete.

Carmino

Dit word aanvebeveel om hierdie aanbevelings met u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur te bespreek om ‘n program en keuse van middels voor te stel wat op u plaas en produksiestelsel die beste sal werk.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more