Drie van die een en twintig Bontpootbosluis spesies kom in Suid Afrika voor, nl: Die groot bontpootbosluis (Hyalomma marginatum rufipes), die Vaalbontpootbosluis (Hyalomma marginatum turanicum) en die klein gladde bontpootbosluis (Hyalomma truncatum).
Bontpootbosluise is relatiewe groot bosluise en is baie aktief. Die volwasse bosluise is welbekend vir hul gewoonte om vanuit skaduryke skuilplekke te voorskyn te kom en naderende mense of diere aan te val.
Die klein gladde bontpootbosluis is 'n mediumgrootte donkerbruin bosluis, met lang monddele, kralerige oë en lang gestreepte bene.
Lewensiklus:
Die Bontpootbosluis is 'n tweegasheerbosluis, wat beteken die larf en nimf stadiums kom op dieselfde dier voor, maar die Volwasse stadium heg aan 'n ander gasheer.
Die larf- en nimf stadiums verkies verskeie voëlsoorte, hase en knaagdiere. Die volwasse stadiums verkies groter diere soos beeste, perde, skape, bokke, groter wildspesies en verskeie bokspesies.
Die lewensiklus strek oor 'n tydperk van 1 jaar.
Die wyfiebosluis lê tussen 10 000 tot 15 000 eiers. Die eiers kan tot 28 dae neem om uit te broei. Die eerste aktiewe stadium, larf stadium, heg aan die gasheer, voed dan vir 5 - 7 dae voordat hulle vervel tot die volgende stadium nl: nimf stadium. Die nimf stadium bly op dieselfde gasheer, en voed vir ongeveer 5 dae. Die volgesuipte nimf val af en vervel na die volgende stadium van hul lewensiklus, die volwasse stadium. Die volwasse bosluise heg aan ‘n voorkeurgasheer en voed vir ongeveer 5 - 7 dae, val af en begin met eierlê proses. Bosluis aktiwiteite neem laat in die somer toe.
Aangehegtings punte:
Die Bontpootbosluis word op die stertkwaste aangetref, en dikwels op die perineum, geslagsorgane en tussen die kloutjies.
Oordraging van siektes
Die volwasse bosluise skei ‘n toksien af wat sweetsiekte by beeste, veral jong kalwers veroorsaak. Met die lang monddele kan die bosluisbyte aansienlike skade aan die vel aanrig, bakterieë kan hierdie wonde binnedring wat lei tot swellings, absesse, mankheid, vrotpootjie en afskilfering van spene en stertpunte. In sommige gevalle genees hierdie bosluisbytwonde nooit nie en dit lok ook vlieë wat eiers lê in die wonde.
By mense is die Bontpootbosluis verantwoordelik vir die oordraging van Kongo- en bosluisbytkoors.
Beheer program
Dip diere strategies en gereeld om bosluisuitdagings te verminder. Kolbehandeling kan gebruik word deur slegs bosluis “aanhegtings” areas te spuit. In piek seisoene moet dipintervalle verhoog word om bosluisgetalle te verminder. Onthou altyd om die 5,5,4 dae dip interval strategie te gebruik wanneer bosluis uitdagings baie hoog is. En met kalwers, onthou om die stertkwaste ook te dip. Vir skape kan voetbaddens gebruik word om die bosluise tussen en agter die kloutjies te verwyder.
Amipor opgiet / MultiDip kan gebruik word om Bontpootbosluise te beheer.