Health Care

Score0 (0 Votes)

Voorbereiding van Bulle vir die Dekseisoen

Daar word dikwels nie genoegsame aandag aan die voorbereiding van bulle vir die teel- of dekseisoen gegee nie. Die belangrikheid van die genetiese bydrae tot die kudde, die koste verbonde aan die aankoop van gehalte bulle en die noodsaaklikheid om reproduksie te optimaliseer, noodsaak ons om aandag te gee aan die welstand en voorbereiding van bulle om gereed te maak vir aksie!

Die volgende areas verg die nodige aandag:

1.  Voeding en Kondisie

Die kondisie van die bul voor en tydens dekseisoen is net so belangrik as die koei se kondisie. Gedurende die dekseisoen is die weidingstyd vir bulle beperk en gebruik hulle baie energie wat hul reserwes dreineer. As die bul se kondisie aan die begin van die teelseisoen nie optimaal is nie, sal dit sy werksvermoë en vrugbaarheid nadelig beïnvloed - veral met 'n dekseisoen van 3 maande. (Figuur 1)

Figuur 1. Onderkondisie bul

Dit is dus belangrik om die toestand van die bulle ten minste 8 weke voor die aanvang van die dekseisoen te evalueer en, indien nodig, hul voeding aan te pas. ‘n Kondisiepunt van 3 (uit 5) wat opbou na 3.5 (tot ‘n maksimum van 4) aan die begin van die dekseisoen word verlang.  (Figuur 2) 

Figuur 2. Optimale kondisie

Wees daarop bedag om bulle nie te veel hoë-energie kragvoer te gee in die aanloop tot die dekseisoen nie. Dit kan lei tot die aansameling van vet in die skrotum-nek, wat vrugbaarheid benadeel.

Nuwe bulle moet verkieslik nie minder as 60 dae voor die aanvang van die teelseisoen aangekoop word nie. Bulle wat op veilings gekoop word, is gewoonlik in 'n baie goeie kondisie (4+) (Figuur 3). Die aanvulling vir hierdie bulle moet geleidelik oor 'n tydperk van minstens 4-6 weke verminder word tot 'n kondisiepunt van nie meer as 4 nie. As bulle te vinnig gewig verloor, kan hulle gedurende die teelseisoen swak en onvrugbaar word. As die bulle in 'n 'veilingskondisie' by die koeie gesit word, sal hulle heel waarskynlik erg verswak wanneer hulle vanaf 'n konsentraatgebaseerde dieet (om hulle vir die veiling voor te berei), na 'n ruvoergebaseerde dieet (veld / oesreste) op die plaas oorgaan.


Figuur 3. Oormatige kondisie 

Raadpleeg 'n voedingsdeskundige oor die beste opsies vir die spesifieke omstandighede as die bulle se kondisietelling verhoog of verlaag moet word.

2.  Teel- of Geslagsgeskiktheid

Daar is veel meer aan 'teelgeskiktheid’ as net 'vrugbaarheid'. Teelgeskiktheid sluit in:

2.1 Anatomie - die volgende moet geïnspekteer/geëvalueer word:

  • skede - moet nie te lank en/of beskadig wees nie. Sien Figuur 4 vir ‘n ideale voorbeeld.
  • penis - moet ten volle kan uitkom en nie gebreek/krom wees nie
  • skrotum/testis - moet simmetries wees, nie te lank nie (testikels hang te laag) en moet nie aan die basis verdeel wees nie 
  • testikels - moet 'n stewige konstistensie hê (nie pap nie), ewe groot wees en nie gedraai wees nie, sonder knoppe of beserings wees en groot genoeg wees vir die ouderdom van die bul (Figuur 5)       
  • hoewe - moet nie uitgegroei en/of gekraak wees nie
  • gewrigte - moet nie styf/beseer wees en keer dat die bul 'n koei kan dek nie

Scrotal circumference

   

 

 

 

 


Figuur 5.  Meet van skrotumomtrek


Figuur 4. Goeie skede en skrotum


2.2 Deklus - die bul behoort "geïnteresseerd" in die koeie te wees en nie in die skadu staan en wag nie!.

2.3 Siektes - bulle moet gereeld getoets word en vry wees van (geslags) siektes soos trichomoniasis en vibriose. Nuut-gekoopte bulle moet getoets word om BVD PI (permanent geïnfekteerd) negatief te wees.

spermmicro

2.4 Semenkwaliteit en hoeveelheid. Die evaluering van semen moet die volgende analise / metings insluit:

  • Makroskopies - kleur, digtheid, beweging, volume
  • Mikroskopies - semenmorfologie (kop- / stertafwykings), teenwoordigheid van vreemde selle (etterselle)

3.  Inentings

3.1 Gemodifiseerde “lewendige” entstowwe -

Inenting van lewendige enstowwe moet ten minste 60 dae voor die aanvang van die dekseisoen voltooi word aangesien dit 'n koorsreaksie kan veroorsaak, wat die vrugbaarheid kan benadeel. Entstowwe wat vermy moet word, sluit in:

  • ’lewende’ respiratoriesekompleks entstowwe (BVD, IBR, PI₃, BRSV)
  • Slenkdalkoors
  • Knopvelsiekte
  • Drie-dae-stywesiekte

NB. Onthou dat verkieslik nie meer as een “lewende” entsof gelyktydig toegdien moet word nie.

3.2 Nie-geaktiveerde (“dooie”) entstowwe -

Kan / behoort nader aan die teelseisoen gegee te word bv:

  • Vibriose
  • “Pienkoog”

4.  Spoorminerale

Spoorminerale speel 'n belangrike rol in bulvrugbaarheid, veral Zn, Mn, Cu en Se. Sperme neem ongeveer 61 dae om tot volwasse sperms te ontwikkel. Aanvulling voor teling is van kritieke belang om oksidatiewe stres te verminder en die kwaliteit en kwantiteit van semen te optimaliseer.

'n InspuitbareMultimin+Se+Cu_Cattle_500ml_6310 spoormineraalaanvulling (Multimin) moet naas normale orale aanvulling (lekke) as 'n  ekstra aanvulling gegee word:

  • 8 weke voor die aanvang van die dektyd. Dit ondersteun optimale spermontwikkeling soos getoon deur Dr Ferreira (2015). Verskeie semenparameters is betekenisvol verbeter (P = 0,05), terwyl ander numeries verbeter is. Moenie die sinergistiese aanvulling van Vit A & E -ondersteuning vergeet nie.
  • Herhaal aanvulling aan die begin van die teelseisoen om vir die 3 maande van die teelseisoen te hou.


5.  ParasietbeheerVirbamec_LA_1l

5.1 Inwendige parasiete:

Inwendige parasiete by beeste word oor die algemeen as 'minder belangrik' beskou. Alhoewel dit nie altyd so 'sigbaar' is soos by skape nie, kan inwendige parasiete 'n negatiewe uitwerking op die kondisie en prestasie van bulle hê.

 

Veral lewerslak kan groot ekonomiese verliese tot gevolg hê. Benewens al die ander noodsaaklike funksies van die lewer, beïnvloed dit ook die produksie van hormone - wat van kritieke belang is in die aanloop tot die teelseisoen!

 

5.2 Uitwendige parasiete:

Behandel uitwendige parasiete (veral bosluise) soos nodig, om die oordrag van bosluisgedraagde siektes en meganiese skade aan die skrotum en skede te voorkom/te verminder. 'n Bosluislas kan ook die eetlus van beeste negatief beïnvloed.  Vliegbeheer sal ook irritasie, wat 'n negatiewe uitwerking op groei en kondisie het, verminder.

 

6.  Algemene bestuur

Die volgende algemene bestuursaspekte kan die doeltreffendheid van bulle gedurende die teelseisoen optimaliseer:

  • Bepaal vroegtydig hoeveel bulle benodig word!
    • Koeie: 1 bul vir 25-35 koeie
    • Verse: 1 bul vir 15-20 verse
    • Wees voorbereid om bulle wat beseer of siek word, te kan vervang
  • Nuut-gekoopte bulle moet ten minste 2 weke in kwarantyn gehou word en dopgehou word vir enige parasiete en siektetoestande, voordat hulle by die bultrop aansluit.
  • Hou nuwe bulle na die bekendstelling aan die bultrop dop om oormatige bakleiery en beserings te voorkom. Hou apart indien nodig.
  • Gebruik ervare bulle op verse (tekens van estrus is nie altyd so duidelik soos by koeie nie en duur vir 'n korter tyd)
  • Fiksheid:
    • Oefen bulle daagliks – deur hulle teen ‘n stewige tempo te laat stap
    • Begin stadig/korter en verhoog tot 25-30 minute per dag - veral die veilingsbulle met 'oormatige kondisie' en bulle wat in klein kampies aangehou word
    • Identifiseer bulle met beserings, hoef- en gewrigsprobleme. Behandel die bulle of onttrek hulle uit die teeltrop

 

6009230125DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Browse Plus®

Read more

Eliminate

Read more

Wirecide F

Read more

MultiDip

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Flukazole C

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?