Health Care

Score5 (2 Votes)

Spoormineraalaanvulling en die Teelseisoen - Koeie

Spoormineraalaanvulling geniet deesdae baie meer aandag as in die verlede en dit is vir seker nie sonder rede nie! Die rol wat spoorminerale speel in optimale produksie word al hoe beter verstaan soos wat meer navorsing op die gebied gedoen word. 

Die teelseisoen is vir die meeste mense die amptelike begin van die reproduksiesiklus. Ons weet ook dat reproduksie die hoofdrywer van winsgewende veeproduksie is. Ons moet dus alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons ’n goeie wegspring het!

Reproduksie en voeding

Die belangrikheid van voeding voor en tydens paarseisoen om reproduksie te optimaliseer is welbekend en kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die kondisie van koeie moet optimaal (3.0 - 3,5) wees tydens paarseisoen. Dit dien as die grondslag waarop suksesvolle reproduksie gebou word. Die gehalte en hoeveelheid van die voeding in veral die laaste ses weke voor paartyd speel ’n belangrike rol. Koeie moet verkieslik in ’n fase van stygende kondisie wees net voor en gedurende paarseisoen.

Koeie wat nie in die regte kondisie was voor kalwing nie, gaan sukkel om met ‘n gewone proteienaanvulling in die regte kondisie te wees met aanvang van die teelseisoen. Die druk van laktasie veroorsaak dat die koeie na afloop van kalwing eers kondisie verloor, veral as die gehalte van die weiding in die lente en vroee somer nie na wense is nie. Die aanvulling van ‘n produksielek en/of kuilvoer of goei kwaliteit hooi kan nodig wees.

Rol van spoorminerale

Alhoewel die makrovoedingselemente (energie, proteïen, makrominerale, ens.) die grondslag van voeding vorm en grootliks die kondisie van die koeie bepaal, kan die rol van spoorminerale in hierdie tyd nie geïgnoreer word nie. Spoorminerale kan beskou word as die “sement” tussen die stene wat die struktuur moet versterk, of die “olie” wat die ratte moet smeer om glad te loop. 

Spoorminerale speel ’n belangrike rol in vele ensiemstelsels wat alle prosesse in die liggaam ondersteun. Tydens die paarseisoen speel spoorminerale ’n kardinale rol in prosesse soos bronstigheid (op hitte kom), suksesvolle ovulasie (vrystelling van eierselle), bevrugting asook  embrio-inplanting en -oorlewing. Die bydrae van die belangrikste spoorminerale in hierdie kritiese tyd kan as volg opgesom word:

  • Mangaan (Mn) speel ’n rol in die produksie en regulering van geslagshormone wat belangrik is vir die koeie om op hitte te kom (bronstigheid), rypwording van follikels en suksesvolle vrystelling van eierselle. 
  • Sink (Zn) speel ’n belangrike rol in suksesvolle bevrugting van die eiersel en die ontwikkeling van die embrio, aangesien sink noodsaaklik is by vinnig verdelende selle.
  • Koper (Cu) maak saam met sink en mangaan deel uit van ’n ensiemkompleks (superoksiesdismutase), wat ’n sterk antioksidatiewe funksie in die liggaam verrig deur vry radikale te beperk en/of te neutraliseer. Dit lei tot beter embrio-oorlewing.
  • Selenium (Se) staan bekend as die “vrugbaarheidspoormineraal”. Dit speel ’n belangrike rol in eierselontwikkeling, bevrugting en embrio-oorlewing. Selenium vorm onder andere ’n integrale deel van die ensiem glutatioonperoksidase. Hierdie ensiem is nodig in die finale fase om sekere oksidatiewe radikale te neutraliseer. Optimale vlakke van selenium, in samewerking met vitamien E, is belangrik om vroeë embrionale verliese (resorpsies) te voorkom/verminder. Selenium is ook belangrik om die immuniteitstelsel van die koei te ondersteun en die werking van entstowwe te optimaliseer.

Aanvulling van spoorminerale

Ons moet besef dat spoormineraalaanvulling nie eers oorweeg kan word wanneer kliniese tekortsimptome waargeneem word nie. Suboptimale spoormineraalvlakke is net so, indien nie meer skadelik nie en is soos die “klein jakkalsies wat die wingerde verniel” – ongesiens (moeilik om waar te neem), maar het ’n negatiewe uitwerking op voortplanting, produksie en immuniteit.

Orale aanvulling van spoorminerale deur middel van lekke dien as basisaanvulling van spoorminerale deur die jaar. Dit is maklik en relatief goedkoop, maar het beperkinge in terme van korrekte inname (kripspasie, dominansie in die trop, hoe soutvlakke) asook antagoniste (veral oormaat Ca, Fe en S), wat die doeltreffende opname van ander spoorminerale kan beperk.

Inspuitbare aanvulling deur middel van ’n beproefde produk soos Multimin®, oorkom al die moontlike tekortkominge van orale aanvulling. Elke koei ontvang haar op-top aanvulling op die regte tyd wanneer die behoefte verhoog. Die opname van hierdie spoorminerale word nie deur antagoniste in die spysverteringskanaal beïnvloed nie. Een van die voordele verbonde aan die formulasie van Multimin®, is dat die selenium in Multimin® dadelik beskikbaar is om in funksionele proteïene (wat deel uitmaak van ensieme) ingebou te word.

Vul u koeie aan ongeveer vier tot ses weke voor die aanvang van paarseisoen met Multimin®. Vir die beste resultate word aanbeveel dat ’n voldoende hoeveelheid vitamiene A en E ook aangevul word. Vitamien A verbeter die werking van sink, terwyl vitamien E die werking van selenium ondersteun. ’n Multimin® optopaanvulling op kritiese tye kan jou beesboerdery vat van goed na beter!

Waarde vir geld

’n Verhoging in kalfpersentasie van slegs een persentasiepunt (bv. 75% na 76%) is meer as voldoende om die koste verbonde aan drie Multimin-behandelings te regverdig. “n Ander voordeel is dat meer koeie vroeer in die teelseisoen dragtig raak. Dit vergemaklik bestuur met kalwing en vir elke dag wat ‘n kalf vroeer in die kalfseisoen aankom, kan dit met speen een kilogram swaarder weeg!

Kontak gerus u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir advies rakende produkkeuse en korrekte posisionering daarvan.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more