Spoorminerale speel ‘n baie belangrike rol in vrugbaarheid van koeie, veral sink (Zn), mangaan (Mn), koper (Cu) en selenium (Se). Chroom (Cr) kan ook help met verbeterde energiemetabolisme, wat kondisie mag bevoordeel.
Gedurende kalwing, verloor die koei ‘n derde van haar spoormineraalreserwes deur middel van oordrag na die kalf, die plasenta/nageboorte en die baarmoerdervloeistof.
Hoe gouer hierdie spoorminerale na kalwing weer aangevul word, hoe kleiner is die kans dat ‘n spoormineraalgaping ontstaan tydens die teelseisoen - veral aan die begin van die teelseisoen. In figuur 1 kan gesien word wat is die effek van ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling in die kritiese tye (voorkalf en voorteel) op die lewer se koperstatus. Die daling in kopervlakkena kalwing word beperk en die vlakke herstel vinniger na die voorteel aanvulling om beduidende hoër vlakke te hê met die aanvang van die teelseisoen.
Figuur 1. Lewer kopervlakke na strategiese Multimin aanvulling
‘n Spoormineraalaanvullingsprogram behoort tweeledig van aard te wees:
Aanvulling van spoorminerale dmv ‘n inspuitbare aanvulling (Multimin Se+Cu+Cr Cattle) voor die teelseisoen, kan lei tot:
Die ideale tyd vir die voorteel aanvulling (Multimin Se , Cu, Cr Cattle & Pro Vit A) is 4-6 weke voor die aanvang van die teelseisoen. Indien hierdie aanvulling gekombineer word met die voorteel inentings, verminder dit hantering en verbeter entstofreaksies.