Dit is nou ‘n goeie tyd om aan die volgende aandag te gee:
Merk koeie wat nie weer by die bul te kom nie:
koeie wat laaste in die kalfseisoen kalf (hulle gaan heelwaarskynlik nie beset raak in die komende dekseisoen nie)
koeie wat nie goeie konstitusie het nie (swak kondisie, nog nie glad verhaar nie ens.)
koeie wat moeilike geboortes gehad het (pelvis te nou?) en moontlik baarmoederskade opgedoen het
koeie wat uier/speen probleme ontwikkel het
koeie wat swak moederseienskappe getoon het tydens kalwing
koeie wat se tande nie meer goed genoeg is is nie
Koeie wat vassit nageboortes gehad het moet ondersoek word vir vaginale uitskeiding/baarmoederinfeksie en vroegtydig behandel word
Vervangingsverse - aangesien verse wat die eerste keer kalf, langer neem om weer in siklus te kom na eerste kalwing (80-100 dae), word dit aanbeveel dat verse wat die eerste keer by die bul kom, ten minste ‘n maand voor die koeie by die bulle kom. Dit gee hulle ‘n langer herstelkans na kalwing om ‘n beter besetting te verseker.