Enting is soos die uitneem van versekering. Alhoewel alle siektes nie elke jaar mag voorkom nie, weet ‘n mens dat jou kudde grootliks beskerm is teen die belangrikste voorkombare siektes indien ‘n toepaslike entingsprogram nougeset gevolg word.
1. Gemodifiseerde “lewendige” entstowwe
Inenting behoort nie nader as 30 voor die teelseisoen gedoen te word nie. Verder is belangrik om te onthou dat die immuunrespons van koeie nie optimaal is gedurende die eerste 30 dae na kalwing nie. Dit laat ons dus net met ‘n maand om sogenaamde “lewende” entstowwe te gee bv:
BVD, IBR, PI₃, BRSV kombinasie, Slenkdalkoors (veral in hoërisiko jare), Knopvelsiekte en Drie-dae-stywesiekte (meer belangrik vir bulle). Besmetlike Misgeboorte (RB51) kan ook aborsies veroorsaak en moet dus voorteel geënt word. NB. Onthou dat verkieslik nie meer as een “lewende” entsof gelyktydig toegdien moet word nie.
2. Geïnaktiveerde (“dooie”) entstowwe
Kan / behoort nader aan die teelseisoen gegee te word bv: Vibriose en “Pienkoog”
Dit word altyd aanbeveel om ‘n toepaslike entprogram in samewerking met die plaaslike veearts op te stel wat vertroud is met die mees waarskynlike siektes waarteen geënt moet word.