Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE - VOORTEEL: Voeding en Kondisietelling

Artikel 2 van 7 oor hierdie onderwerp


Die kondisie van koeie in aanloop tot die teelseisoen is van kardinale belang om sukses gedurende die teelseisoen te verseker. Gedurende hierdie tyd (tussen kalwing en die teelseisoe) gebeur die volgende:

  • koeie se melkproduksie styg
  • koeie se reserwes word getap
  • koeie verloor massa en kondisie (veral as die voedingsomstandighede en/of aanvulling nie na wense is nie) 

Koeie verloor maklik een kondisepunt in hierdie tyd. Indien hulle in ‘n ideale kondisietelling van 3,5 gekalf het, kan dit afkom na 2.5 (en selfs minder onder moeilike omstandighede). Dit is van kardinale belang om hul kondisie weer terug te kry na ‘n minimum van 3 en verkieslik 3.5 teen die tyd dat die teelseisoen begin.


Indien koeie se kondisie onder 2.5 daal, sal hulle spesiale aandag in terme van hulle voeding moet ontvang. Beter weiding en/of aanvullende voeding soos hooi of kuilvoer, tesame met ‘n produksielek kan help. Alhoewel hierdie ekstra voeding nie goedkoop is nie, is dit nodig om ‘n goeie besetting in die teelseisoen te verseker.

 

  • Indien dit nie gedoen word nie, is die volgende jou voorland:
  • koeie raak eerder later as vroeër in die teelseisoen beset
  • koeie kan selfs glad nie in die teelseisoen beset raak nie
  • interkalfperiode verleng
  • kalwers speen ligter (‘n kombinasie van melkproduksie en kalwers wat laat gebore word in die volgende kalfseisoen)

 

Dit beklemtoon weereens die belangrikheid dat koeie in ‘n goeie kondisie moet wees met kalwing. Dit is makliker en goedkoper om koeie se kondisie vanaf speen tot en met kalwing te onderhou of te verbeter, as om op hierdie laat stadium drastiese stappe te moet neem om hul kondisie reg te stel! 
In figuur 1 kan die uitwerking van kondisietelling met aanvang van die teelseisoen op besetting gesien word:


Figuur 1: Die verhouding tussen kondisietelling met teel en besetting
   

Figuur 2 is ‘n voorbeeld van ‘n koei in ‘n aanvaarbare kondisie met aanvang van die teelseisoen wat vroeg behoort beset te raak, terwyl die koei in figuur 3 se kondisie nie na wense is nie en eers later in die teelseisoen beset sal raak.
        

Figuur 2: Kondisie reg vir teelseisoen       

 

Figuur 3: Kondisie nie na wense vir teel  
      

Die ideaal is dat ten minste 60% van die koeie in die eerste siklus (21 dae) beset raak, 25% in die tweede siklus, 10% in die derde siklus, met nie meer as 5% in die vierde siklus of droog nie. 
Raadpleeg 'n voedingsdeskundige oor die beste opsies vir die spesifieke omstandighede as koeie se kondisietelling verbeter moet word.
 

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more