Beide inwendige- sowel as uitwendigeparasiete kan ‘n nadelige uitwerking op besetting hê. In aanloop tot die teelseisoen behoort koeie geen “kompetisie” te hê van inwendige- of uitwendigeparasiete om maksimaal te herstel na afloop van kalwing nie.
1. Inwendige parasiete:
Inwendigeparasiete by beeste word oor die algemeen as “minder belangrik” beskou. Alhoewel die nadelige effek daarvan nie altyd so “sigbaar' is as soos by skape nie, kan inwendigeparasiete 'n negatiewe uitwerking op die kondisie en prestasie van koeie hê. ‘n Proef gedoen deur Dr Meaker (1994), het gewys wat die effek van ontwurming (rondewurms), op die reproduksie van eerstekalf verse en tweedekalf koeie was. (Figuur 1 & 2)
Figuur 1. Effek op reproduksie - 1ste kalf verse
Figuur 2. Effek op reproduksie - 2de kalf koeie
Lewerslak kan groot ekonomiese verliese tot gevolg hê. Benewens al die ander noodsaaklike funksies van die lewer, reguleer dit ook die produksie van geslagshormone - wat van kritieke belang is in die aanloop tot die teelseisoen! In areas waar lewerslak voorkom, behoort ‘n strategiese beheerprogram gevolg te word om die uitwerking van lewerslak te verlaag.
2. Uitwendige parasiete:
Behandel uitwendige parasiete (veral bosluise) soos nodig, om die oordrag van bosluisoorgedraagde siektes en meganiese skade aan die uier en spene te voorkom/verminder. 'n Bosluislas kan ook die eetlus van beeste negatief beïnvloed wat weer ‘n negatiewe effek op melkproduksie en die kondisie van koeie kan hê.
Vliegbeheer sal ook irritasie, wat 'n negatiewe uitwerking op groei en kondisie het, verminder.