Health Care

Score4 (4 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOORKALWING: Die rol van 'n Spysverteringsmodifiseerder

Artikel 3 van 7 oor hierdie onderwerp

“MOENIE VERGEET NIE”

 

Indien 'n spysverteringsmodifiseerder nie reeds deel is van die aanvulling van laatdragtige koeie nie, word dit sterk aanbeveel om dit by die aanvullingsprogram in te sluit. 

Gedurende die laat winter is nie net die kwaliteit van natuurlike weiding baie laag nie, maar kan die beskikbaarheid van die meer wenslike spesies ook beperk wees. Koeie wat op mieliereste wei, sal ook aan die einde van die winter begin sukkel om die “oorskiet” te benut. Gevolglik moet beeste die minder smaaklike plantmateriaal benut, wat ook moeiliker is om te verteer. En so begin die bose kringloop: moeilik om te verteer -  vertraag die deurvloeitempo deur die spysverteringstelsel - inname neem af - diere het minder voedingstowwe beskikbaar - kondisie neem af! Dit gebeur juis in die tyd wanneer die koei se voedingsbehoeftes toeneem en kondisie gehandhaaf moet word! 


Bogenoemde situasie word vererger deur die feit dat diere hulle na die benutting van struike en bome (waar beskikbaar) sal wend om hul voedingstoftekort aan te vul. Terwyl die meeste blaarmateriaal ryk aan proteïene is, bevat dit ook tanniene wat met beide plant- en voerproteïene bind en diere van hierdie waardevolle voedingstof ontneem. Tanniene maak ook rumenmikrobes dood en kan selfs toksisiteit tot gevolg hê. Tanniene "bind" ook mikro-voedingstowwe soos sink en koper, wat tekorte veroorsaak.

Jou dier se mis sal jou vertel wanneer hulle begin ly aan die inname van weiding van swak gehalte en wanneer om Browse Plus® in te sluit. Sien die illustrasie hieronder:

 

Die aanvulling van ureum (rumen-degradeerbare stikstof) bevattende lekke, sal help om die proteïentekort van die rumenflora te verlig en is 'n moet op swak kwaliteit weiding. Moet “nie vergeet nie” dat die insluiting van 'n spysverteringmodifiseerder (Browse Plus®), ureumbevattende lekke kan komplementeer en werklik 'n verskil maak. Dit bevat 'n kombinasie van hoë kwaliteit aktiewe bestanddele wat almal saamwerk om die gesondheid en funksionering van rumen organismes te ondersteun en die negatiewe effekte van tanniene, harse en terpene te neutraliseer. Dit lei tot verbeterde vertering, verhoogde deurvloeitempo en inname. Die gevolg is dat meer voedingstowwe vir die rumenflora en die dier beskikbaar is om die verlies aan kondisie te beperk.

“Moenie vergeet” van die beproefde produk, wat reeds vir meer as twee dekades, duidelike voordele vir vee in Suid-Afrika inhou. Dit beperk gewigsverlies en kondisie van jou vee gedurende kritieke tye (soos laatdragtigheid), tot die minimum.

 

Aan die einde van die seisoen sal jy bly wees - maar net as jy "nie vergeet!"  van die die Browse Plus® nie!

 

NB. Die aanvulling van 'n spysverteringsmodifiseerder is aanvullend tot die huidige aanvullingsprogram. Dit bevat nie proteïene, energie of minerale wat noodsaaklik is om gedurende hierdie tyd aan te vul nie.

 

6009230802DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?