Health Care

Score0 (0 Votes)

BESTUUR VAN VLEISBEESKOEIE VOORKALWING: Inleiding

Artikel 1 van 7 oor hierdie onderwerp

CONCEPTION TO CONSUMPTION



Die voorbereiding vir die kalfseisoen is ‘n baie belangrike fase, wat baie keer afgeskeep word, of te laat aan aandag gegee word. Dit is van uiterste belang dat die koei korrek “voorberei” word vir kalftyd, sodat sy ‘n gesonde en lewenskragtige kalf in die wêreld kan bring, dat die kalf kan oorleef (biesmelk & immuniteit)  en dat die koei die kalf goed kan grootmaak (melkproduksie).  

Daarby is dit belangrik om te onthou, as ons wil hê dat koeie elke jaar moet kalf (wat ons  mikpunt behoort te wees!), dat dit wat met die koei in laatdragtigheid gebeur, ‘n direkte invloed gaan hê op die koei se vermoë om binne 90 dae nadat sy gekalf het weer dragtig te raak.  Baie van die aspekte wat in hierdie fase bespreek word, kan nie later reggestel word nie, of gaan nie dieselfde trefkrag hê as dit later gedoen word nie.


Onthou dat daar ander aspekte kan wees wat ook ‘n rol kan speel om sukses te verseker. As ons na die skematiese voorstelling kyk, kan ons sien dat daar vele interaksies is wat die mate van sukses kan beïnvloed. Onthou die gesegde wat sê: “‘n ketting is so sterk soos die swakste skakel” is ook hier van toepassing!



 

 

Elke produksiefase word aan die hand van die volgende apekte bespreek: voeding/kondisie, (geslagsgeskiktheid - waar van toepassing), inenting, spoormineraalaanvulling, parasietbeheer en algemene bestuursaspekte. Sien artikels oor genoemde aspekte vir elke produksiefase wat gedurende die jaar op relevante tye gedeel sal word. 

 

Die doeltreffendheid van die "programbenadering" wat op produksiefases fokus, sal verbeter word indien dit saam met 'n vaste teelseisoen(e) toegepas word. Sonder 'n vaste teelseisoen word dit baie moeilik om "presisie" boerdery in sy eenvoudigste vorm toe te pas - om die regte dinge op die regte tyd te doen!

 

6009230802DVN

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Browse Plus®

Read more

Eliminate

Read more

Flukazole C

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?