Health Care

Score0 (0 Votes)

Die waarde van spoormineraalaanvulling by voerkraalinduksie

 

Spoorminerale is noodsaaklik vir immuunfunksie (Arthington en Havenga, 2012) en groei (Spears en Kegley, 2002) van hoogs gestresde, nuut ontvangde vleisbeeste. Die interaksies tussen voedingstatus, immuunrespons en siekteweerstand is kompleks (Spears, 2000). Voerkraalbeeste kan probleme ondervind om aan mineraalvereistes te voldoen, afhangende van die mineraalstatus van individuele diere en vlak van voerinname na aankoms in die voerkraal.

Sodra hulle in die voerkraal is, ontvang diere gebalanseerde diëte met spoorminerale wat by die voeraanvulling ingesluit is, maar dit sal dalk nie kalwers help, wat reeds spoormineraaltekorte het, om in te haal nie. Die herstel van spoormineraalstatus uitsluitlik vanaf die dieët is moeilik omdat nuut ontvangde voerkraaldiere lae en wisselvallige inname toon.

’n Proef wat deur Bailey (2013) gedoen is, toon dat dit tot 6 dae kan neem vir sommige kalwers om uiteindelik te begin vreet.

 

Figuur 1: Waarneming van kalwers by die voerkrip gedurende voerkraal aanvangsperiode

 

 

Die meerderheid speenkalwers ontvang dus nie die genoegsame voedingstowwe wat hulle benodig vir normale liggaamsfunksies, groei en behoorlike immuniteit nie. Boonop word hierdie diere aan verskeie stresfaktore blootgestel, wat die verlies van spoorminerale, veral sink en koper, veroorsaak.

 

Fig 2: Effek van siekte en stres op urinêre uitskeiding van Zn en Cu (Orr et al., 1990)

 

 

Diere wat gestres is, produseer ook nog kortisol, wat 'n immuunonderdrukkende effek het. Om die situasie verder te vererger, word sink byvoorbeeld benodig om kortisolvlakke te reguleer, en as daar ‘n tekort aan Zn is, kan dit nie optimaal beheer word nie.

 

Inspuitbare spoorminerale gee produsente 'n kans om spoormineraaltekorte vinnig en doeltreffend te verbeter. MULTIMIN bevat Zn, Cu, Se, Mn en Cr en daar is getoon dat dit immuniteit en produksiedoeltreffendheid bevoordeel in meer as 50 gepubliseerde wetenskaplike proewe. Multimin word al 30 jaar lank deur voerkraalprodusente vertrou om voldoende hoeveelhede van hierdie noodsaaklike spoorminerale te verskaf wanneer dit die meeste saak maak!

 

Selenium en sink is noodsaaklike spoorelemente vir die opbou van die immuunstelsel. Sink, koper, selenium en mangaan is noodsaaklik vir optimale gewigstoename. Daar is bewys dat chroomaanvulling immuunstelselonderdrukking verminder vir diere in gestresde toestande. Vervoerde vleisbeeste wat met chroom aangevul is, het beter immuunresponse gehad (toename in teenliggaampies (Burton et al, 1994)), en verhoogde serum IgM, IgA konsentrasies (Almeida & Barajas, 2002)).

Spoorminerale, veral Zn, word hoofsaaklik gebruik vir die vestiging van immuunresponse na inenting. Verskeie studies het getoon dat MULTIMIN effektief was in die verhoging en/of keer in afname in spoormineraalstatus van ingeënte kalwers. Dit het gelei tot vroeër en hoër produksie van teenliggaampies.

 

Hier is een so 'n studie wat 'n statisties-beduidende toename in die produksie van neutraliserende teenliggaampies teen BHV-1 toon (Arthington en Havenga, 2014).

 

Op die ou end gaan dit alles oor opbrengs op belegging en dit is presies waar Barry van Wyk van Doornkop Beleggings buite Fochville die waarde daarvan insien om MULTIMIN vir sy voerkraaldiere te gebruik. Hy sê dit verhoog nie net die beeste se immuniteit nie, wat van uiterste belang in ’n voerkraal is, maar maak gevolglik ook die entstowwe baie meer doeltreffend. “Dit gaan nie vir my net oor die Rand spandeer nie, maar ook om daardie Rand uiteindelik weer terug te kry,” meen Barry.

Kyk die video hier:

60092303AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

OptiLumen Neo

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more