Health Care

Score0 (0 Votes)

Melkkoeie: kry jou koeie KI-gereed met strategiese spoormineraal aanvulling

Dit is alom bekend dat die sogenaamde oorgangsperiode (“transition period”), van kort voor kalwing tot kort na kalwing, van kritiese belang is by melkkoeie. In hierdie artikel word gekyk na ‘n ander kritiese periode wat baie keer verwaarloos word, maar wat ‘n wesenlike invloed op die ekonomie van ‘n melkery kan hê, naamlik die periode voor teel/KI.

Die ideaal is om koeie so spoedig moontlik na kalwing weer beset te kry. Die toestand van die koeie gedurende die oorgangsperiode het ‘n groot invloed op die gereedheid van die koeie vir teling/KI. Kondisietelling en siektetoestande soos vassit nageboortes, baarmoeder- ontsteking, mastitis en metaboliese siektes is van belang. 

Die spoormineraalstatus van die koei voor teling/KI speel egter ‘n groot rol in die ontwikkeling van lewensvatbare eiselle, bronstigheid, vrystelling van die eiselle, suksesvolle bevrugting en embrio-oorlewing. ‘n Koei staan ongeveer 30% van haar spoormineraalstatus af gedurende die geboorteproses via die kalf, vrugwater en nageboorte. 

Verskeie studies het gewys dat ‘n spoormineraal op-top aanvulling met MULTIMIN® voor teling/KI, kan help om die spoormineraalstatus van die koei optimaal te kry om die kritiese reproduksie funksies te ondersteun (Grace N, Knowles S. 2012; Moreira da Silva et al. 2010)). Studies (Mitchell et al. 2008) wys dat MULTIMIN® konsepsie % verbeter en ook die aantal oop dae by koeie verminder, m.a.w. koeie raak vroeër beset.
 

Wanneer ons bietjie meer in diepte na elke spoormineraal se rol in reproduksie kyk, sien ons die volgende:

Mangaan (Mn) speel ’n belangrike rol in die produksie en regulering van geslagshormone.

Sink (Zn) speel ’n belangrike rol in suksesvolle bevrugting van die eisel en die ontwikkeling van die embrio, aangesien sink noodsaaklik is by vinnig verdelende selle.

Koper (Cu) is onder andere belangrik by embrio-oorlewing. ‘n Tekort aan koper kan ook die aanvang van die estrussiklus vertraag of onderdruk.

Selenium (Se) staan bekend as die “vrugbaarheidspoormineraal”. Dit speel ’n belangrike rol in eiselontwikkeling, bevrugting en embrio-oorlewing. Optimale vlakke van selenium, in samewerking met vitamien E, is belangrik om vroeë embrionale verliese (of resorpsies) te voorkom/verminder. (Vitamien A werk nou weer sinergisties met sink). Dit is waarom ons dan aanbeveel om ‘n Vit A en E aanvulling saam met ‘n goeie inspuitbare spoormineraalbron soos MULTIMIN® te gee.

Chroom (Cr) het die vermoë het om die aantal lewensvatbare oösiete te verhoog en subkliniese metritis te verlaag. 

Spoorminerale bevorder ook die optimale funksionering van die immuunstelsel. Spoorminerale is essensieël om oksidatiewe stres te beperk. Zn, Mn, Cu en Se speel ‘n belangrike rol in ensieme wat die oormatige produksie van reaktiewe suurstofspesies (vryradikale), wat tot oksidatiewe stres lei, teen te werk (Sies H. 1997). 

‘n Gesonde suiwelkoei se reproduksietempo is vanselfsprekend beter!
 

Grace N, Knowles S. Lack of production response in grazing dairy cows supplemented with long-acting injectable vitamin B12. N Z Vet J. 2012;60(2):95-9
Moreira da Silva F, M arques A, Chaveiro A. Reactive Oxygen Species: A double-Edged Sword in Reproduction. Open Vet Sci J. 2014;4:127-33
Mitchell K, Smith W, Storch A, Michael N, Els J. Injectable trace elements increase reproduction efficiency in dairy cows. In: Schlegel P, Durosoy S, Jongbloed A, editors. Trace elements in animal production systems. Wageningen, The Netherlands: Wageningen Academic Publishers; 2008 p. 296-8
Sies H. Oxidative stress: oxidants and antioxidants. Exp Physiol. 1997 Mar;82(2):291-5

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more