Health Care

Score0 (0 Votes)

Goed, Beter, BESTE - met Multimin ® !!

As stoetboere, wat die beste genetiese materiaal aan medestoetboere en kommersiële boere moet voorsien, speel presisieboerdery ‘n groot rol om dit moontlik te maak.

Voeding is die basis van suksesvolle vleisbeesboerdery. ‘n Effektiewe en volhoubare weidingsbestuurstelsel, asook byvoeding in die vorm van byvoorbeeld ‘n lek, is die spil waarom alles draai, maar dit is normaal om steeds voedingstoftekorte gedurende sekere tye van die jaar en in kritieke produksiestadiums te ervaar. Hierdie tekorte moet aangevul word om in die behoefte van spesifieke produksiefases of situasies te voorsien. Eers as die voeding en kondisie van die diere optimaal is, kan ons maksimum resultate verwag van ander bestuursinsette, wat teling insluit.

Spoormineraalaanvulling is deel van voeding en ‘n onderwerp wat deesdae al meer aandag geniet, as gevolg van die belangrike rol wat dit speel in optimale produksie. Alhoewel spoorminerale in baie klein hoeveelhede benodig word, speel dit ‘n kardinale rol in vele prosesse in die liggaam. Ons is lankal verby die stadium om eers aandag aan spoorminerale te gee wanneer kliniese tekortsimptome waargeneem word. Kliniese tekortsimptome is die sogenaamde “punt van die ysberg”. Sub-optimale spoormineraalvlakke is die groter, “onsigbare” gedeelte van die ysberg wat onder die water is en die meeste skade kan aanrig.

 

Soos in die onderstaande figuur gesien kan word, is optimale immuniteit die eerste produksieparameter wat negatief geraak word wanneer sub-optimale spoormineraalvlakke voorkom. 

Daarna word maksimum groei en vrugbaarheid negatief geraak, gevolg deur normale groei en vrugbaarheid. Soms is dit eers op hierdie laat stadium dat onraad gemerk word, maar meestal gebeur dit eers as kliniese tekortsimptome voorkom. Suid-Afrika staan oor die algemeen bekend as ‘n spoormineraalarm land wat spoormineraal-aanvulling nog belangriker maak, veral as ons druk plaas op tussenkalfperiodes sodat koeie elke jaar kan kalf en daarby ook ‘n swaar kalf moet speen! 

 

Aanvulling

Die meeste kommersiële lekke bevat spoorminerale en dit is noodsaaklik as ‘n daaglikse basisaanvulling. Orale aanvullings het egter sekere beperkinge. Beperkte kripspasie en dominanasie veroorsaak dat sekere diere se lekinname (en dus spoormineraalinname) nie voldoende is nie. Verder speel antagoniste soos kalsium (Ca), yster (Fe) en swael (S) ‘n groot rol, deurdat dit die opname van spoorminerale in die spysverteringskanaal negatief kan beïnvloed.  

Sien onderstaande figuur vir die ingewikkelde interaksies wat daar tussen minerale en spoorminerale bestaan. 

 

Inspuitbare spoormineraalaanvullings soos Multimin®, is ontwikkel om die meeste van die probleme van orale aanvullings te oorkom. Multimin® systap die antagoniste van die spysverteringskanaal, deurdat die spoorminerale direk vanaf die inspuitplek opgeneem en via die bloedstroom deur die liggaam gesirkuleer word vir opname en storing in die lewer en ander organe. Verder het dit die voordeel dat elke dier sy regmatige aanvulling kry. Daarby word die “OP TOP” aanvullings gegee voor die aanvang van die kritiese tye in die produksiesiklus, wanneer die behoefte aan spoorminerale die hoogste is nl.

  • Voorkalf – die ongebore kalf kry al sy spoorminerale vanaf die koei deur middel van die naelstring. ‘n Koei staan ongeveer ‘n derde van haar spoorminerale af aan die kalf. Indien die koei se spoormineraalstatus nie optimaal is nie, sal die kalf se reserwes met geboorte ook nie optimaal wees nie, wat die lewensvatbaarheid van die kalf negatief kan beïnvloed. Spoorminerale speel ook ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van optimale immuniteit. Indien koeie tydens laatdragtigheid ingeënt word en ook spoormineraalaanvulling ontvang, sal die immuunreaksie optimaal wees. Kwaliteit biesmelk is krities vir die pasgebore kalf en spoorminerale speel ook hierin ‘n belangrike rol, deurdat dit teenliggame in die bies optimaliseer. Melk is ‘n swak bron van spoorminerale. Die kalf moet dus tydens laatdragtigheid in die baarmoeder en direk na geboorte met bies, soveel as moontlik spoorminerale inkry.

  • Voorpaar – tydens paring speel spoorminerale ook ‘n kardinale rol. By bulle is dit belangrik vir optimale spermvorming, -ontwikkeling en -rypwording.  Navorsing (Ferreira, 2013) het die effek van Multimin® aanvulling op verskeie vrugbaarheids-parameters by bulle beklemtoon. Die belangrikste daarvan was die verhoging in spermkonsentrasie, wat krities is vir goeie konsepsie. Aangesien koeie soveel spoorminerale tydens geboorte verloor, help ‘n voorpaaraanvulling om die spoormineraalvlakke van koeie vinniger te herstel. Dit verkort die aantal dae tussen kalf en konsepsie, asook die oorlewingstempo van embrios na bevrugting.

  • Voorspeen – speentyd is ‘n baie stresvolle tyd wat groot uitdagings aan die immuunstelsel van die kalf stel. Kalwers wat ‘n spoormineraalaanvulling voorspeens ontvang, se immuunstelsel is optimaal om die speenskok beter te kan hanteer.  

Ferrero Bonsmaras maak die afgelope 22 jaar op Multimin staat, met ‘n spesiale fokus op hul teelbulle – van jong regdeur tot volwasse bulle. Volgens Nelius Ferreira kon hul sedert die gebruik van Multimin, veral ‘n verskil in hul dragtigheidspersentasies en semenkwaliteit opmerk. Hy meen dié produk, wat hul drie keer ‘n jaar gebruik, is ‘n aanwins vir die boerdery en pas goed in by hul bestuursprogram, entingsprogram en doseringsprogram. Kyk die video hier:

 

Multimin ® se verskillende formulasies, wat oor 31 jaar ontwikkel is, voorsien die belangrikste spoorminerale in ‘n gebalanseerde verhouding (belangrik vir optimale opname), in voldoende hoeveelhede (om effektief te wees) en in ‘n weefselvriendelike formulasie. 

Proewe in Suid-Afrika en wêreldwyd (VSA, Australië, Nieu Seeland, Brasilië ens.) wat die voordele van Multimin® illustreer, maak dit die mees nagevorste inspuitbare spoormineraalaanvulling.

 

Kontak gerus u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting oor die onderskeie produkte en posisionering volgens u spesifieke produksiestelsel. 

 

60092302AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more