Health Care

Score0 (0 Votes)

Multimin verseker eersteklas reproduksie by Saamstaan Boerdery

 

Saamstaan Boerdery in die Wes-Kaap is ‘n Suid-Afrikaanse voorloper wat reproduksie betref, en volgens Elanza Fouché, tegniese bestuurder van dié plaas, speel Multimin ‘n deurslaggewende rol in hierdie sukses. “Ons is baie bevoorreg om te kan sê dat ons eerste in die land staan met reproduksie onder 80 plase wat geevalueer is. En Multimin speel 'n baie belangrike rol in dit."

 

Virbac en Saamstaan Boerdery stap al vir meer as 20 jaar ‘n pad, met Multimin wat verseker dat die moderne Holstein- en Jersey-koeie op die plaas oor optimale immuniteit en gesondheid beskik, om werklik tot hul genetiese potensiaal te presteer.

Adéle Rothmann, produkbestuurder van Multimin verduidelik verder: “Spoorminerale speel ‘n méér kritiese rol by hoë produserende melkkoeie. ‘N Groot gedeelte (ongeveer 30%) van spoorminerale word oorgedra na die ongebore kalf en tydens stresvolle situasies word heelwat spoorminerale uitgeskei in die urine van diere. Dit is juis tydens hierdie kritieke tye, wanneer koeie se spoormineraalbehoefte baie hoog is, wat Multimin dan toegedien word.”

 

Volgens Amanda Neethling, mede-eienaar van Saamstaan Boerdery, is hul koeie se gesondheid uiters belangerik; hulle verkies die natuurlike en voorkomende manier om hulle diere gesond te hou.

60092303AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more