Health Care

Score0 (0 Votes)

Lewerslak - Beheerstrategie

Effektiewe lewerslakbeheer kan 'n uitdaging wees! Beheer moet daarop gerig wees om beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder, asook om die lewerslakpopulasie in die omgewing te beperk.  

Effektiewe en volhoubare beheer word gebaseer op ‘n geïntegreerde parasiet-beheerprogram wat onder andere chemiesebeheer (dosering van diere), weidingbestuur, afkamping van besmette areas (waar moontlik) en die herstel van lekkende krippe (wat die habitat van die tussengasheer verminder), insluit. Die chemiesebeheer van varswaterslakke deur middel van die toediening van kopersulfaat is normaalweg onprakties en kan gevaarlik vir die diere wees!

Tydsberekening van lewerslakbehandeling is een van twee sleutel faktore vir effektiewe lewerslakbeheer. Dit word basseer op die volgende:

  • Genesende behandeling:
    Herfs (April/Mei).  Met die herfsbehandeling is dit noodsaaklik om vroeë-onvolwasse-, onvolwasse- en volwasselewerslakke te beheer om lewerskade te verminder.
     
  • Voorkomende behandeling:
    Laatwinter/Vroeëlente (Aug/Sept). Die behandeling is noodsaaklik om oorblywende lewerslakke te verwyder om herbesmetting van die weiding te verminder.
     
  •  Opsionele behandeling:
    Somer (Jan/Feb). In areas waar die lewerslakbesmeting baie hoog is, is hierdie behandeling nodig om optimale beheer te verseker.

 Produkkeuse is die tweede sleutelfaktor in effektiewe lewerslakbeheer. 

Deur lewerslak so goed moontlik te beheer, kan die skade beperk word. Die belangrikheid om die vroeë-onvolwasse stadia wat die lewer binnedring en migreer so goed moontlik te beheer, kan nie genoeg beklemtoon word nie! Tydigheid van behandelings en die gebruik van ‘n doeltreffende middel is dus van kardinale belang.  

  • Orale dosering: Triklabendasool is die aktiewebestandeel van keuse vir die beheer van die lewerslak binne in die lewer. Onthou net – geen middel beheer die migrerende stadium van die dunderm af na die lewer nie (<2 weke)! Bekdosering is die doeltreffendste metode om die vroeë onvolwasse stadia (>2weke en ouer), wat die meeste skade aanrig, te beheer.
     
  • Inspuitbare middels beheer net sekere stadia in die lewer. Die mees algemeen gebruikte inspuitbare produkte wat klorsulon/ivermektien bevat, asook die wat nitroksiniel bevat, beheer net die volwasse stadia wat in die galbuise voorkom. Inspuitbare middels wat klosantel bevat, mag ‘n “hulp in beheer” registrasie op van die onvolwasse stadia hê wanneer dit teen ‘n hoër dosis gespuit word , asook volwasse lewerslak beheer. 

Gebruik Flukazole C een- tot tweekeer in die lewerslakbeheerprogram, veral in die areas waar lewerslakbesmettings hoog is. Die sinergistiese kombinasie van Flukazole C se twee aktiewebestandele (triklabendasool en oksfendasool), bied breëspektrumbeheer wat insluit:  

  • Lewerslakbeheer – effektiewe beheer van die eerste beheerbare 2 week oue onvolwassestadium (wanneer dit die lewer binnedring), tot en met die volwassestadium,  
  • Rondewurmbeheer en
  • Melklintwurmbeheer 

Die voordeel om u vee met Flukazole C te behandel word deur plaaslike en oorseese proewe bevestig. Kontak gerus u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting rakende die bevestiging van lewerslakbesmetting op u plaas, asook ‘n gepaste beheerprogram.  

Lewerslakbeheer vir optimale lewergesondheid in beeste en skape

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Flukazole C

Read more

Prodose® Orange

Read more

Wirecide F

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more

Virbamec® L

Read more