Health Care

Score5 (1 Votes)

Lewerslak - Uitwerking op die Lewer

Die lewer verseker ontgifting en uitskeiding van endogene en eksogene afvalstowwe. Dit neutraliseer giftige elemente van die metabolisme (bilirubien, ammoniak, ketone), omskep dit dan in herwinde voedingstowwe en verdryf dit via ontlasting of urine d.w.s 

“Die lewer is dus 'n uiters belangrike orgaan wat noodsaaklik is vir :  Algemene gesondheid, Lewensvatbaarheid, Produksie, Reproduksie.”

Die lewer is ook die grootste interne orgaan en verrig talle ander funksies, soos:

  • Metabolisering van proteïene, vet en koolhidrate 
  • Storing van water-oplosbare vitamiene, vetoplosbare vitamiene, yster, trigliseriede, glikogeen en spoorminerale
  • Beveg infeksies en neutraliseer gifstowwe wat skadelik is vir die dier.
  • En is ook verantwoordelik vir die vervaardiging, regulering en afbreek van hormone

Lewerslak veroorsaak ernstige skade in die diere vanaf die tyd wanneer diere die metaserkaria (Besmetlike stadium) inneem tot dat dit beheer word (of tot dat die volwasse lewerslak vrek en dit kan tot twee jaar neem). In die geval van beeste bereik sowat 25% van die metaserkaria wat ingeneem is, die lewer binne 2 weke tot 85 dae na inname. In die geval van skape bereik tot soveel as 80% van die metaserkarie die lewer in dié tyd. Die res migreer deur die liggaam en veroorsaak skade aan ander organe tot die dier uiteindelik vrek.

LEWERSLAK SKADE: 

⥢ Bloeding word veroorsaak in die dunderm agv lewerslak skade.  
Die metaserkaria word deur die dier ingeneem en volg die spysverteringstelsel tot in die dunderm, in die dunderm boor dit deur die dermwand om in die liggaamsholte te beland. Hulle migreer vir ongeveer 2 weke heen en weer totdat hulle die lewer bereik.

 

⥢ Migrerende lewerslak veroorsaak nekrose en bloeding in die lewer. 
Die migrerende vroeë-onvolwassenes binne die lewer veroorsaak bloedings en skade aan die lewerweefsel wat tot onproduktiewe bindweefsel lei.


 

Lewerslak infestasies veroorsaak verdikking, kalsifisering en blokkering van die galbuise. 
Die ontwikkeling van die onvolwasse stadia tot volwassenes in die galbuise, veroorsaak irretasie waarop die liggaam reageer. Die galbuise verdik en kan later selfs ‘n sogenaamde “pypsteel” vorm waar die galbuis afgesluit word, sodat dit nie meer effektief is om gal af te voer via die galbuis nie

BEHEER STRATEGIE

Daar is geen kits oplossing vir lewerslak nie. Effektiewe lewerslakbeheer is ’n uitdaging wat noukeurig en nougeset deur die jaar aangespreek moet word.

Die beheer strategie moet daarop gerig wees beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder asook om die lewerslakpopulasie in die omgewing te beperk.

Navorsing en ervaring het bewys dat effektiewe en volhoubare beheer gebaseer is op ’n geïntegreerde parasietprogram wat onder andere chemiese beheer (dit is dosering van diere), weidingbestuur, afkamping van besmette areas waar moontlik en die herstel van lekkende krippe insluit. Laasgenoemde is dikwels die ideale habitat vir die tussengasheer en dit moet verminder word.

“Vir optimale lewergesondheid is 'n STRATEGIESE LEWERSLAKBEHEERSTRATEGIE regdeur die jaar nodig om DIE SKADE wat deur lewerslak veroorsaak word te beperk.”

 

60092306CM

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

Verwante Produkte

Flukazole C

Read more

Virbamec® L

Read more

Wirecide F

Read more