Health Care

Score3.5 (2 Votes)

Vitamien A: Waarom is dit belangrik?

Vitamien A verrig verskeie funksies in herkouers insluitende normale sig, normale gebeente-ontwikkelling, gesonde immunitiet asook die onderhoud van velweefsel. Vitamien A tekort kan nagblindheid tot gevolg hê en kan ook been ontwikkelling striem wat lei na wangevormde bene en gewrigte. Slymvliese raak ook meer vatbaar vir infeksies waarvan die mees opmerklike ooginfeksies is. Vitamien A het `n direkte effek op immuniteit deur teenliggaampie produksie te bevorder asook om die eerste-linie skanse teen infeksie (die vel en slymvliese) in stand te hou. `n Vitamien A tekort sal dus die primêre teenliggaam respons teen infeksie verswak asook die eerste-linie skanse makliker deurdringbaar maak vir infeksies.  

Vitamien A tekort veroorsaak dikwels `n verlies in die funksie van weefsel en verhoogde vatbaarheid vir infeksie. Verdikking en verharding van weefsels van die spysverteringskanaal en asemhalingstelsel sal buikloop en longontsteking tot gevolg hê. Die voortplantingstelsel word ook geraak, en kan swak sperm-produksie in bulle veroorsaak, en aborsie in koeie asook nageboorte wat vassit. 

Hoe verkry beeste vitamien A?

Plante produseer karoteen wat dan deur die herkouer na vitamien A omgeskakel word. Die groenheid van die plant gee `n goeie aanduiding van die karoteen inhoud van `n plant. Vars voer en vroeggesnyde, blaarryke hooie het `n hoë karoteen inhoud. Grane (met die uitsondering van geelmielies) is arm in karoteen   Alhoewel geelmielies meer karoteen bevat as ander grane, is die inhoud slegs `n tiende van dit wat goeie gehalte hooi bevat.

Herkouers wat hoë-graan rantsoene ontvang (byv. Voerkraal diere) het dikwels nie toegang tot voldoende groenvoer en is dus vatbaar vir vitamien A tekort. Selfs diere wat van natuurlike weiding / veld af leef, is blootgestel aan vitamien A tekort. Dit gebeur gewoonlik gedurende die wintermaande wanneer gras in `n rustoestand verkeer, maar ook in situasies waar oorbeweiding plaasvind of droogte-toestande heers.  

Vitamien A word in die lewer gestoor gedurende tye waar voldoende karoteen ingeneem word, en dit help die dier deur tye wanneer karoteen skaars is. Gesonde beeste kan vitamien A vir tot 3 maande lank stoor. In skape is die tydperk nog langer -  tot 6 maande lank. Jong diere se vermoë om vitamien A te stoor is heelwat meer beperk. As gevolg van hierdie storings-kapasiteit van herkouers, is grensgeval-tekorte aan vitamien A meer algemeen as erge tekorte. Die mees kritiese tye waartydens voldoende Vitamien A beskikbaar moet wees, is tydens tye van stres byv gedurende die kalfseisoen en laktasie.

Alle bronne van vitamien A is relatief onstabiel en breek af mettertyd. Die karoteen inhoud van gesnyde hooi neem af gedurende die rypword proses en dan verlaag die karoteen inhoud nog verder gedurende die berging van die hooi. Onder gemiddelde toestande kan die karoteen inhoud van hooi afneem met 6-7% per maand  Dus het hooi wat ouer is as 6 maande alreeds helfte van die oorspronklike karoteen inhoud verloor.. 

Beste benodig vitamien A die meeste tydens stresvolle tydperke soos kalwing en laktasie.  Siende dat `n groot gedeelte van ons nasionale kudde kalf voordat daar volop groen gras is, is dit krities dat hierdie koeie met vitamien A aangevul worddeur dragtigheid en laktasie. As weidings eers weer groen en lower is, kan daar teruggesnoei word aan vitamien A aanvullings.  

Sinergisme tussen vitamiene en minerale

Vitamiene A en E en Multimin (Sink, mangaan, selenium en koper of chroom) word algemeen gesamentlk toegedien tydens kritiese aanvullings periodes (byv. voor teel en kalf). Daar is `n betekenisvolle interaksie tussen die vitamiene en minerale. Saam help hulle om vrugbaarheid, immuniteit, konsepsie en produksie te verbeter. 

 

Selenium + Vitamien E dien as `n sterk anti-oksidant en genoegsame vlakke help om te verseker dat die volgende toestande onder beheer gehou word:

Agtergeblewe nageboortes, mastitis, baarmoeder-ontsteking en sistiese eierstokke.

Dus word immuniteit bevorder en `n hoër besetting-syfer, optimale vrugbaarheid en produksie bewerkstellig.

 

Verwysings:

https://pdfs.semanticscholar.org/260e/0819daf496f3d51dff2541384da564bd1b5c.pdf 

https://www.researchgate.net/publication/287561240_Synergistic_effect_of_vitamin_E_and_selenium_supplementation_on_udder_health_in_cows  

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

Pro-Vit A

Read more