Health Care

Score5 (1 Votes)

Drukbeweiding, hulpmiddels en finansiële voordeel

Dr Martin Ferreira was een van die sprekers tydens ‘n boeredag wat op 4 Februarie 2020 te Rysmierbult gehou is. Die tema van die dag was “Drukbeweiding” en Virbac was een van die borge van die dag. Hiermee ‘n kort opsomming van Dr Ferreira se aanbieding:

Die huidige bespreking punte by vandag se veeboere sluit in Bek-en-Klouseer, biosekuriteit, naspeurbaarheid en die gebruik van drukbeweiding om die veelading op die plaas te verhoog, sonder dat dit nodig is om horisontaal uit te brei.

Drukbeweiding behels die abnormale verhoging van veelading (baie diere vir ‘n kort tydperk), gemeet aan die drakrag van die beskikbare weiding.

Drukbeweiding gaan gepaard met:

  • Intensiewe bestuurprogramme – watervoorsiening, afkamping van diere, gesondheid, aanvulling ens.
  • Aanpassing van diere in die omstandighede
  • Die uitskot van diere wat nie behoorlik kan aanpas by die sisteem nie
  • Stres op die diere wat ‘n negatiewe effek kan hê op produksie, reproduksie en immuniteit
  • Die gedwonge benutting van ALLE beskibare plantmateriaal
  • Die gebruik van hulpmiddels om vertering te verbeter en stres te verminder

Die doel van die hulpmiddels (aanvullings) is om die diere te ondersteun en sodoende:

  • Verhoogde produksie (spier/melk) te verkry
  • Meer doeltreffende voerbenutting en verbeterde voeromset te bereik
  • Om stres te beperk en verhoogde immuniteit te bewerk
  • Verbeterde reproduksieprestasie te verkry
  • Om die effek van sinergisme met voedselbronne bewerk

Aanvullings moet op die regte tydstip aan die diere gegee word om die optimale resultate te verseker. Die mees effektiewe aanvullings wat gebruik word tydens drukbeweiding sluit in:

  1. Verteringsmodifiseerders (Browse Plus) - lei tot verhoogde doeltreffendheid van voeromset (optimale protein- en energiebenutting)  
  2. Spoorminerale (Multimin) – stresverligtend, verbeter lewerfunksie, immuniteit en vrugbaarheid.
  3. Vitamiene A en E (ProVit A) - ondersteun spoorminerale (sinergisme) en verbeter algemene   gesondheid.

Vir optimale weidingsbenutting is die volgende punte van belang en moet die aanvullings sodanig geposisioneer word vir optimale resultate:

  • Smaaklikheid en droëmateriaal inname moet verhoog word
  • Verteerbaarheid en voedingswaarde vir dier moet verhoog
  • Sorg dat rumenorganismes gesond bly
  • Die negatiewe effek van tanniene en harse geneutraliseer word
  • Moet die vesselinhoud en veselvertering ingedagte hou – tydigheid van aanvullings
  • Al bg. punte moet bydra tot ‘n verhoogde rumen deurvloeitempo
  • Die “dikgevrete” voorkoms van die diere wat traag is om te wei en net by die lekbakke wil lê, moet verander word in diere wat gretig is om te gaan wei

Bogenoemde beginsels is onlangs toegepas tydens ‘n proeftydperk van 117 dae met die resultate as volg opgesom.

 

 

Vir meer inligting tov die proefuitleg kontak Dayle Forsyth by:  dayle.forsyth@virbac.co.za of u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Pro-Vit A

Read more