Health Care

Score2 (3 Votes)

“PPRR” en die belangrikheid van ‘n voorlamdosering

Dis belangrik om te besef dat die beheer van lammervrektes reeds in die ses weke periode voor lamtyd begin.

Verskeie insette, waaronder voeding, spoorelement- en vitamienaanvullings, inentings en ontwurming speel hier ‘n rol. Deur die insette te optimaliseer verseker ons ‘n gesonde ooi wat ‘n swaar genoeg lam produseer en waarvoor sy voldoende, goeie kwaliteit bies produseer.

In die artikel wil ons kyk waarom ontwurming as een van die insette in die tyd so belangrik is.

Eerstens, indien lamtyd in ‘n tyd van hoëparasietladings val, gaan ontwurming die ooi help om optimaal op die ander insette te reageer. 

Tweedens is die ooi die hoofbron van besmetting van die weiding met larwes. Ons moet ook onthou dat lammers sonder immuniteit teen inwendigeparasiete gebore word en is dus die vatbaarste diere op die plaas. Soos hulle parasiete optel begin die lammers dan ‘n verdere bron van besmetting raak.

Die parasiete tas die lam op verskeie maniere aan. Sommige, bv. haarwurm, is bloedsuiers en ander bv. bruinmaagwurm, affekteer weer die verteringsproses in die melkpens. Nog ‘n effek is dat binne ure nadat lammers aan wurmlarwes op die weiding blootgestel word, hulle aptyt begin afneem. Dit alles lei tot ‘n swakker, stadiger groeiende lam.

 ‘n Interressante verskynsel in die tyd is die styging in die laatdragtige en pas gelamde  ooie se wurmeiertellings. In Engels word die “peri-parturient rise” genoem. Dit is die wurms se manier om te sorg vir hoë parasietladings op die weiding sodra die lammers aankom.  Die styging in eiertellings is as gevolg van ‘n verslapping van die ooi se weerstand teen inwendige parasiete in die paar weke voor en na sy lam. Dit gebeur as gevolg van die hormoonveranderings wat die ooi in die tyd ondergaan. Dit lei daartoe dat meer as van die wurmwyfies, meer eiers as normaalweg produseer en wat dan uitgeskei word om die verhoogde miseiertellings te gee.

Deur die laatdragtige ooie te ontwurm, word die uitskeiding van wurmeiers beperk. Sodoende word die jong lammers se blootstelling aan larwes op die weiding  beperk. Hierdeur word hulle die beste moontlike wegspring verseker.

Omdat parasiete van plaas tot plaas en area tot area verskil, is dit belangrik om altyd jou plaaslike veearts en Tegniese Verkoopsadviseur te raadpleeg vir raad en die beste moontlike produkkeuse te maak.

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Flukazole C

Read more

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Red

Read more

Virbamax LV®

Read more

Wirecide F

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more